Sinopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodios
-
Eskatologie: Merk van die dier
16/06/2020 Duración: 49min"En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het." Openbaring 13:16-17
-
Perspektief: Mei 2020
09/06/2020 Duración: 57minOns kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief
-
Eskatologie: Wegraping
02/06/2020 Duración: 37minIn hierdie episode in ons Eskatologie reeks praat ons oor die "Wegraping".
-
Eskatologie: Duisendjarige Vrederyk
26/05/2020 Duración: 33minDie "Duisendjarige Vrederyk" is 'n konsep waaroor daar al baie gedebatteer is. Daar is ook klomp verskillende sieninge oor wat dit beteken. Is dit 'n "letterlike" duisend jaar waarna hier verwys word? Hoe moet ons hierdie gedeelte in Openbaring verstaan?
-
Eskatologie: Oorsig
19/05/2020 Duración: 55minHierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks wat handel oor Eskatologie. Eskatologie is die Bybelse leer oor die laaste dinge, die wederkoms van ons Here en die dinge rondom die eindtye, soos dit o.a. in die boek Openbaring geopenbaar word. In hierdie episode kyk ons eers oorsigtelik na die vier groot sieninge wat daar oor die eindtyd bestaan. Ons gesels ook oor waarom dit vir ons belangrik is om oor die eindtyd te praat en te dink.
-
Perspektief: April 2020
12/05/2020 Duración: 55minOns kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: 1. Doelbewuste kinderloosheid 2. Gesinsgeweld wat toeneem in die grendeltyd
-
Luisteraarsvraag: Het die mens 'n vrye wil?
29/04/2020 Duración: 52minAs ons glo dat God ons uitverkies het en 'n alles vooraf bepaal het - is ek nog steeds vry om my eie keuses te maak? Of forseer God ons om die keuses te maak soos wat ons doen?
-
Luisteraarsvraag: Hoekom dien ons die Here / Voorspoedsteologie
21/04/2020 Duración: 40minIn hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die voorspoedsteologie. Wat is ons motiewe om die Here te dien - is dit vir persoonlike gewin? Hoekom gebeur dit dikwels so dat die kerke leeg is wanneer dit goed gaan met ons, maar wanneer die swaar tye kom soek almal weer die kerk op? Ons gesels oor bekende voorspoeds-teoloë soos Kenneth Copeland. En kyk ook die idees van voorspoedsteologie dalk onwillekeurig in ons gedagtes ook begin posvat.
-
Luisteraarsvrae: Die werking van die Heilige Gees
14/04/2020 Duración: 52minIn hierdie Facebook-uitsending het ons spesifiek gesels oor die werking van die Gees in gelowiges. "En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees." Joh 14:16-17
-
Sameswerings teorieë
09/04/2020 Duración: 45minOns het 'n direkte uitsending op Facebook uitgesaai en gesprek gevoer oor die nuwe sameswerings teorieë wat veral nou tevore kom tydens hierdie Covid19 tydperk. Wat moet ons as gelowiges maak met hierdie teorieë?
-
Wie is God: God is liefde
07/04/2020 Duración: 36minHierdie is die laaste episode in ons reeks oor die deugde van God. Ons gesels oor God wat liefde is. Die ewigheid van God se liefde (4:49) Die bewys van God se liefde (12:45) Die oproep van God se liefde (18:45)
-
Uitverkiesing, Doop en Verbond
03/04/2020 Duración: 01h01minHierdie was 'n direkte uitsending op Facebook oor luisteraarsvrae wat ons ontvang het oor die uitverkiesing, die verbond en die doop. Daar is heelwat aspekte waaroor ons nie gesels het nie (baie moet nog gesê word!), maar ons het probeer om 'n paar sake vanuit die Skrif oor díé onderwerpe te belig.
-
Luisteraarsvrae: "Virtuele Nagmaal" en Tale spreek
31/03/2020 Duración: 59minHierdie is ons eerste direkte uitsending waartydens ons gesels oor Nagmaal wat oor die internet gevier word. Ons gesels ook oor 'n luisteraarsvraag wat ons baie kry, nml.: "is spreek in tale (onverstaanbare tale) Bybels?"
-
Perspektief: Maart 2020
28/03/2020 Duración: 39minOns gesels in hierdie episode slegs oor die COVID-19 Pandemie - juis omdat daar soveel vrae en onsekerheid onder mense en selfs Christene heers.
-
Wie is God: God is Jaloers
24/03/2020 Duración: 34minIn hierdie episode gaan dit daaroor dat God in die Bybel beskryf word as 'n jaloerse God. Wat beteken dit dat God jaloers is? Is dit dieselfde as ons algemene menslike siening van jaloesie?
-
Wie is God: God is Regverdig en Barmhartig
17/03/2020 Duración: 33min'n Vraag waaroor elke mens behoort te dink en te kan antwoord is: Wie is God? Tog is die vraag vir sommige Christene moeilik om te antwoord, of hulle is nie seker of hulle antwoord reg is nie. In hierdie episode werp ons die lig spesifiek op twee besondere deugde van God: Sy regverdigheid, maar ook sy barmhartigheid. Wat bedoel ons met God se regverdigheid en sy barmhartigheid? Staan hierdie twee eienskappe teenoor mekaar?
-
Perspektief: Februarie 2020
10/03/2020 Duración: 40minOns kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: 1. Steven Spielberg se dogter, Mikaela, wat haar bekwaam as 'n Pornografiese Aktrise (01:39) 2. Beloftebos: Weier dat 'n selfdegeslag paartjie by hulle trou (11:21) 3. Bouwer Bosch se meningstuk op Netwerk24 oor "Jesus en sy donkie wat Sparkling water drink". (21:19)
-
Lent in die lig van die Skrif
03/03/2020 Duración: 39minOral oor sien ons die verskynsel dat mense "Lent" vier. Selfs al hoe meer kerke in Protestantse kringe val nou ook by hierdie gebruik in. Wat is Lent en hoe moet ons daarna kyk in die lig van die Skrif?
-
Wie is God: God het 'n Raadsplan
25/02/2020 Duración: 31minIn hierdie episode werp ons die lig daarop dat God 'n raadsplan het. Ons wil in die episode nie net kyk na feite rondom God se raadsplan nie, maar ook wat die implikasie daarvan vir ons as gelowige kinders van God is.
-
Wie is God: God is Alomteenwoordig
18/02/2020 Duración: 30minHierdie is die vierde episode in die reeks oor God se deugde en handel oor God se Alomteenwoordigheid.