Radio Scriptura

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 230:53:37
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodios

  • Perspektief: Julie 2022

    25/07/2022 Duración: 47min

    Scriptura bespreek die bekering van oud satanis, Riaan Swiegelaar, voormalige medestigter van die sataniese kerk in Suid-Afrika. In 'n publieke onderhoud het hy sy onlangse bekering onthul, maar toon geen sondebesef nie, gee geen eer aan Jesus Christus nie, en het geen planne om weg te draai van sy sondige lewe en godslasterlike sataniese praktyke nie. Hy verkondig 'n vreemde jesus en 'n soort "liefde" waarvan die Bybel nie leer nie. Die waarheid is: die Skrif alleen gee 'n ware perspektief op alles in die lewe, en in alle ware christene se lewe geniet die Woord van God heel hoogste prioriteit en dra dit ook die hoogste gesag. Jesus Christus staan absoluut sentraal in ware christene se lewens, en God alleen regeer oor alles.

  • Ons hoop in Christus: Die Here is by jou en hoor jou gebede

    19/07/2022 Duración: 39min

    Die gelowige psalmdigter van Psalm 10 roep uit na die Here sy God, omdat hy weet dat God hom altyd hoor. Hy begin sy uitroep om hulp met gebed tot sy hemelse Vader, Hoëpriester en Profeet, wat altyd antwoord. Hy hardloop met sy wanhopige emosies in God se veilige teenwoordigheid in, omdat hy net in God 'n vaste anker en 'n lig in sy donker stryd kan vind. God is altyd naby, alhoewel ons regdeur ons christenreis op aarde die worstelstryd moet stry teen sonde en boosheid. Wees verseker; God is koning vir ewig en vir altyd, en Hy sal geregtigheid laat seëvier op Sy soewereine tyd.

  • Ons hoop in Christus: Die Here is 'n rots in ons lewensstorms

    12/07/2022 Duración: 34min

    Die Here is ons Rots en veilige vesting by wie ons altyd kan skuil in alle omstandighede, maar ook in die storms van ons lewe, want Hy is getrou. Psalm 61 is 'n klaaglied van David waarin hy die Here smeek om Hom te lei en te beskerm terwyl hy in nood verkeer, wegkruip en vlug vir sy vyande. Ons mag uitroep na God in ons vrees en benoudheid net soos David, en God gee ons die beskerming wat Hy regdeur Sy woord aan ons belowe. Mag ons dan ook tot die Here sing, en God vereer vir Sy goedheid dag na dag.

  • Roe v. Wade aborsie wetgewing omgekeer

    05/07/2022 Duración: 22min

    Die aborsie hofsaak van 1973 van Roe versus Wade is deur die hofsaak van Dobs versus Jackson omgekeer, en die Amerikaanse state sal nou self oor die afkeur of toestaan van aborsies moet beslis. Goeie nuus is wel dat aborsie van 'n gesonde baba na 15 weke dus nou weer onwettig is in Amerika. So wat is ons rol as Christene in die samelewing ten opsigte van hierdie sake? Hoe kan die kerk standpunt inneem en grond wen vir die koninkryk van God? Wat kan christene in Suid-Afrika doen om die sonde van aborsie teen te staan? Ons oorwinning lê in die woord van ons getuienis en in die bloed van die Lam … soos vir ons opgeteken in Openbaring 12:11.

  • Perspektief: Junie 2022

    27/06/2022 Duración: 44min

    Scriptura gesels in Junie 2022 se perspektief opname oor twee onderwerpe. Eerstens, die Covid-19 inperkings en maatreëls wat nou weggeneem is, en dan die godslasterlike transgender revolusie wat chaos op alle vlakke van die samelewing veroorsaak.

  • Ons hoop in Christus: Die teenwoordigheid van die Here

    21/06/2022 Duración: 27min

    Ons hoop is in Christus en in hierdie episode kyk Scriptura na die teenwoordigheid van die Here.  Die Here is vir ons 'n wegkruipplek, die Here loop vir ons voor en lei ons, en die Here bring verlossing deur Sy teenwoordigheid.  Die Psalms is vol van hoop en verwagting op die redding van die Here, en Hy stel nooit teleur nie. Psalm 42 en Psalm 43 loop saam, en laasgenoemde se opskrif lui "Hoop op God!" En vers 2 gee die rotsvaste rede, "want U is die God van my toevlug….". In die gebed roep die psalmdigter uit na God om in te gryp in sy donker toestand. God is naby en kragtig, en die digter vertrou dat alles van God afhang. En dan konfronteer hy weer sy eie siel om op God te hoop, "want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!" Hy plaas sy vertroue op God, op wie ons mag hoop en na wie ons kan opkyk, in alle lewensomstandighede. Immannuel - God met ons. Sy beloftes en teenwoordigheid is vas, en Hy red Sy kinders tot eer van Sy naam en Sy koninkryk. 

  • Ons hoop in Christus: die soewereiniteit van God

    07/06/2022 Duración: 38min

    Ons hoop is in Christus, en ons sien uit verskeie skrifgedeeltes dat God absoluut soewerein is.  In hierdie episode lees Scriptura Romeine 8:28-39, en bespreek God se soewereine raad en God se onveranderlike liefde vir Sy kinders. God het 'n groot raadsplan, en Sy soewereiniteit strek tot voor ons redding.  Ons gaan deur beproewings en heiligmaking, maar God se onveranderlike liefde is ons vaste versekering dat Hy alles beheer.  Ons kan rus in die wete dat Hy ons red, want ten spyte van ons sonde het God sy Seun vir ons geoffer. Ons is dus meer as oorwinnaars omdat Christus oorwin het.  en omdat ons self swak is en so ver tekort skiet, tree die Heilige Gees self vir ons in by God.  Skrifverwysings: Job, 1 Kor 15, Jak 2, Heb 12, Heb 4, Joh 14-16. Verwante episodes: https://www.scriptura.co.za/2021/09/luisteraarsvrae-god-se-soewereiniteit/ https://www.scriptura.co.za/2020/10/stephan-joubert-se-onbybelse-siening-van-god-se-soewereiniteit/ https://www.scriptura.co.za/2020/04/luisteraarsvraag-glo-ons-die-mens-

  • Perspektief: Mei 2022

    31/05/2022 Duración: 50min

    Scriptura bespreek drie nuusgebeure wat skerp reaksie uitgelok het die afgelope maand vanuit 'n christelike perspektief:  'n blanke student wat op 'n swart student se besittings urineer het op die Stellenbosch kampus, die naam van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl kom in gedrang, en laastens die massamoord by 'n laerskool in Texas. Skrifverwysings: Hand 17, Ef 2:11-22, Joh 17, Joh 10, Rom 1, Skakels: Todd Friel/Wretched Radio: https://youtu.be/PJg3DGBfrw4.   Aanbieders: Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn

  • Ons hoop in Christus - Ons ware hoop en troos

    24/05/2022 Duración: 43min

    "Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”" Openbaring 21:4-5. Skrifverwysings: Rom 5:1-10, Hand 13, Heb 12, Rom 8, II Kor 4 en 5, Ef 1, Petrus, Op 21:4.  Aanbieders:  Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jonker Venter.

  • Ons hoop in Christus - Ons lewende hoop en blydskap

    17/05/2022 Duración: 47min

    Ons het 'n lewende hoop, want ons is saam met Christus opgewek. Ons het 'n erfenis wat nie vergaan nie, en ons word bewaar. En ons kan ook in blydskap leef, want ons swaarkry is sinvol en ons is reeds verlos.  Skrifverwysings:  1 Pet 1:1-9, Matt 6, Heb 11:13, 1 Kor 15, Ps 23, 1 Tess 4, Joh 14, Dortse leerreëls hs 5 par 9-10, 2 Pet.  Aanbieders: Marnix Boersema, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer.

  • Ons hoop in Christus: Die Here gee wysheid wanneer ons beproef word

    10/05/2022 Duración: 37min

    Die Here gee vir gelowiges wysheid om te volhard deur beproewings. Beproewings toets ons, versterk ons, leer ons en help ons om op die Here te vertrou vir alles, omdat Hy ons goeie Vader is en Hy dit so bewerk met spesifieke redes as deel van ‘n baie groter plan vir Sy kerk.  Skrifverwysings:  Jak 1:1-8, Heb 2, Rom 8:28, Jak 1:13, Heidelbergse kategismes Vr en Ant 127 – 6de bede, 2 Tim 4:7, Ps 121, Heb 4, Heb 10-12, Ps139, 2 Kor 12:9, Op 2, Job, Luk 7:19. Aanbieders:  Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer

  • Perspektief: April 2022

    03/05/2022 Duración: 35min

    Scriptura bespreek Disney se jare lange veldtog om sexuele verwarring en sonde te normaliseer. Hul LGTBQ agenda is onthul en bevestig dat hulle die leuen ondersteun en bevorder, ten koste van die siele van ons kinders. Wat staan ouers te doen? Verder kyk Scriptura na die transaksie waarin Elon Musk die sosiale media platvorm, Twitter, koop. Hy wil dit transformeer om totale onbeperkte vryheid van spraak te bevorder. Wat hou vryheid van spraak vir die christen in, en wat is die moontlike slaggate? Skrifverwysings: Kol 2:1-4, Ps 19, Ef 4. Aanbieders:  Jan-Louis Lee, Jaco de Beer, Jonker Venter

  • Ons hoop in Christus - Ons hemelse seëninge

    26/04/2022 Duración: 47min

    Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Efesiërs 1:3-14 bevestig vir ons dat ons hoop in Christus vas staan, maar ook dat al die geestelike seëninge vir ons gegee is. Skrifverwysings: Ef 1:3-14, Matt 6, Heidelbergse Kategismus Sondag 1, Fil 1:6, Deut 7:6, Jes 40:1-3, Rom 6, Kol 2, Joh 15, Ps 43, Matt 7, 1 Kor 12:9, Rom 5. Aanbieders:  Jonker Venter, Jaco de Beer.

  • Die Erediens - Gereformeerde aanbidding en sakramente

    19/04/2022 Duración: 50min

    Volgens die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 33, is die sakramente vir ons ingestel om God se beloftes aan ons te beseël, en om as tekens van sy goedheid en genade teenoor ons te dien.  Dit moet ons geloof voed en in stand hou.  Die doop en nagmaal is sigbare tekens en seëls van 'n inwendige en onsigbare saak:  God werk daardeur in ons met die krag van sy Gees.  Die tekens is van God af en die inhoud is belangrik, en sonder om te mislei, is hulle waarheid geleë in Jesus Christus, sonder wie die sakrament heeltemal betekenisloos is.  Skrifverwysings: Nederlandse geloofsbeleidenis artikels 33-35, Heidelbergse Kategismus Sondag 25-30.  Aanbieders:  Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Marnix Boersema

  • Luisteraarsvraag: Selfhelpboeke?

    12/04/2022 Duración: 30min

    Luisteraarsvraag: Selfhelpboeke? “Visit many good books, but live in the Bible.” het Charles H. Spurgeon gesê.  Wat is selfhelpboeke?  Hoe verstaan ons heiligmaking?  Hoekom is daar 'n toename in gewildheid van selfhelpboeke?  Sekulêre selfhelpboeke en christelike selfhelpboeke.  Is daar 'n leemte in die kerk, prediking en praktiese applikasie?  Wat is die Bybelse perspektief op selfhelpboeke?  Kan ons dit gebruik vir algemene raad of geestelike raad?  Wat is die fokuspunt van die selfhelpboek? Skrifverwysings:  Spreuke, nuwe testament briewe van Paulus.Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn

  • Die Erediens: Gereformeerde aanbidding en liturgie

    05/04/2022 Duración: 57min

    Hoe lyk dit as die liggaam van Christus saamkom om in die gereformeerde kerk te aanbid? Wat is gereformeerde liturgie, wat is die orde van hierdie vergadering en wat is die redes vir hierdie soort aanbidding?  Definisie van liturgie - Hoe moet ons aanbid?  Liggaam van Christus aanbid saam.  Ons lees die Woord en wet van God.  Ons beoefen verbondsmatige aanbidding.  Wat is die belangrike elemente van gereformeerde liturgie.  Wat is die doel van sang - skrifberymings en psalms.  Hoekom lees ons die wet? Die predikant lei gemeente in aanbidding.  Slotlied, uitstuurseën en amen. Skrifverwysings: Heb 10:9, Heb 12:29, Op 4 en 5, 1 Kor 14, Ef 4, Neh 8, Op 4:11, Heb 4, Op 7, Ps 124, Kol 3, Ps119, 1 Joh, Eksodus, Rom, Heidelbergse kategismus, Mat 7, Mat 18. Aanbieders: Jaco de Beer en Marnix Boersema

  • Perspektief: Maart 2022

    29/03/2022 Duración: 53min

    Jan-Louis Lee voer 'n onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die dwaalleer van homoseksualiteit in die NG kerk, en wat die dollerende kerke en Kairos nou daaraan doen. 00:00 Perspektief Maart 2022 00:45 Ds Dubois du Toit oor homoseksualiteit in die NG kerk 10:50 Wat doen die kerk hieraan? 35:07 Wat moet lidmate doen? 45:00 Wat is gereformeerdheid, en hoekom is ek gereformeerd? https://www.glodiebybel.co.za/persverklaring-kairos-netwerk-reageer-op-besluite-deur-sinode-van-namibie-2022-03-22/

  • Die Erediens: Bybelse prediking

    15/03/2022 Duración: 56min

    00:40 Sentrale element van die erediens - bybelse prediking 03:07 Mandaat van bybelse prediking 12:40 Wat is die taak van die prediker? 15:30 Hoe lyk 'n skrifgetroue preek? 24:18 Insig van die Heilige Gees 33:24 Christosentriese inhoud 42:58 Preek die volle raad van God 46:18 Berei jouself voor vir die erediens Skrifverwysings: Rom 10:8, Hand 9:22, 6:9, 1 Kor 2, Psalm 1, Joh 15, Dordtse leerreëls, 1 Tim 4

  • Die Erediens: Wat is 'n erediens?

    08/03/2022 Duración: 53min

    Die erediens is al in die Ou Testament ingestel as die heilige vergadering van God waarin Hy sy kinders oproep om Hom te aanbid.  Dit is die weeklikse vergadering van God met Sy kinders om gesamentlik op 'n Sondag te ontmoet om die Woord te hoor en so deur Hom geseën te word met Sy teenwoordigheid, Sy woord en Sy rus.  Die erediens is ook die plek waar gelowiges herinner word aan die wet van God, en gee ons die bevestiging van Christus se genadige verlossing van ons sonde.  Die aanbidding van ons God vind plaas soos die skrif dit bepaal, onder die ordelike leiding van die kerk se offisiële ampdraers, en bevat altyd die suiwer prediking van die Woord.  Die erediens is God se geskenk aan gelowiges, omdat dit ons geestelik voed en die seëning van 'n geloofsgemeenskap as ondersteuning bied.  00:00  Die Erediens:  Wat is 'n erediens? 02:20  Oorsig uit Ou Testament 14:30  Oorsig uit Nuwe Testament 24:57  Wat is die fokus van die erediens? 33:20  Wat is die doel van die erediens? 35:26  Vir wie is die erediens? 37:

  • Perspektief: Februarie 2022

    01/03/2022 Duración: 49min

    00:00  Perspektief Februarie 2022 02:37  Oorlog - Rusland en Oekraïne: Christene se perspektief op oorlog, en bybelse lig op die komplekse situasie. 25:45  CSE of Omvattende Sexopvoeding: Basiese onderwys sillabus bevat Lewensorientering met onvanpaste, seksuele inhoud, en so besmet seksuele perversiteit ons kinders se opvoeding. Skrifverwysings: Psalm 146 beryming - moet op prinse nie vertrou nie..., Matt 24, Luk 22, Johannes 8, Rom 13, 1 Tim 2:2 Aanbieders:  Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Jonker Venter, Gerhard van Rhyn

página 9 de 20