Sa Gemeente Londen Preke - Audio

BRAVE - Week 3 (slegs audio)

Informações:

Sinopsis

Die derde Sondag in ons reeks BRAVE vra die vraag: Is jy dapper genoeg om te dien? Ons moet eerstens dien, doodeenvoudig omdat Jesus gedien het (Johannes 13) en vir ons die voorbeeld vir diens stel. Tweedens dien mense as hulle ‘n ontmoeting met God gehad het. As God bv vir Abraham roep in Genesis 12 dan is sy belofte om hom te seën, sodat hy ‘n seën vir ander kan wees. In die derde plek help dien jou om geestelik te groei – Hebreërs 6.