Maroela-onderhoude

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 32:08:15
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodios

  • Armand Hofmeyr druk eie stempel af

    29/09/2025 Duración: 13min

    Pa en seun se musikale genres verskil hemelsbreed, maar albei probeer dieselfde ding deur hul musiek bereik: om Afrikaans as taal te bevorder. Maroela Media

  • Anthonie Bougas se ma vertel van aanvalle op gesin

    27/09/2025 Duración: 05min

    Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee. Maroela Media

  • GLP-1 – foefie of wondermiddel vir gewigsverlies?

    26/09/2025 Duración: 12min

    In Maroela Media se jongste episode in ons podsendingreeks oor diabetes, werp Chanelle Retief, ʼn dieetkundige, en dr. Marlé van der Merwe, ʼn algemene praktisyn, lig op wat presies GLP-1 is en hoe dit gebruik kan word. Maroela Media

  • Proteïene: Wondervoedingsmiddel of dieetfoefie?

    19/09/2025 Duración: 18min

    In die eerste episode gesels ons met Chanelle Retief, ʼn dieetkundige en eienaar van die dieetkundige praktyk NutriFundi, oor die boustene van proteïene en of dit werklik nodig is om in ál jou maaltye in te werk. Maroela Media

  • Marthlé se Kraak Beskuit verower harte, en joune kan ook

    18/09/2025 Duración: 13min

    Dié voormalige onderwyseres vertel hoe ʼn baksel beskuit haar lewe onherroeplik verander het en bewys het familie, tradisie en ʼn skeppende hand kan die resep vir sukses wees. Maroela Media

  • Nuwe musiek vir Robbie Wessels in egte storievertelstyl

    16/09/2025 Duración: 12min

    Robbie Wessels se nuwe vollengte-album het onlangs die lig gesien, maar ná al die jare huiwer hy steeds nie om vir aanhangers die “Leeuloop” “stap vir stap” te verduidelik nie. Maroela Media

  • Só vloei musiek in vierde geslag Heuer-musikant se are

    15/09/2025 Duración: 08min

    “Ek voel baie keer soos ʼn middel waardeur God musiek laat vloei en het dit my missie gemaak om vir Afrikaanse mense musiek te bring.” Maroela Media

  • Afrikaner diaspora wil hul identiteit, taal en kultuur vier

    12/09/2025 Duración: 20min

    MyHartland is ʼn digitale platform wat Afrikaners wêreldwyd help om hul identiteit, taal en kultuur lewendig te hou. Nicolien Welthagen van die SNI vertel meer oor hulle navorsing oor die Afrikaner-diaspora en verduidelik hoe MyHartland ʼn brug bou tussen Afrikaners oor die wêreld heen. Maroela Media

  • 'Jesus’-kletsbotte wek etiese vrae onder gelowiges

    12/09/2025 Duración: 11min

    “Ware kennis van KI kan ons help om die konteks en genre van tekste in die Bybel te verstaan, en gee vir ons ʼn goeie idee van waar die teks in die geskiedenis en ook in God se geskiedenis met die mens geplaas word, sodat die Woord aktueel bly.” Maroela Media

  • ‘Diabetes nie ʼn resies nie,’ sê jare langer lyer

    12/09/2025 Duración: 14min

    “Diabetes beïnvloed jou lewe op verskillende maniere. Dit is soos ʼn kleuter in die huis wat voortdurend versorg moet word. My hele lewensuitkyk het verander nadat ek gediagnoseer is.” Maroela Media

  • Energieke bootskaatser ry nou Afrikaanse musiekgolf

    12/09/2025 Duración: 09min

    “Ek hou daarvan om nuwe dinge te probeer en gee nie om om my kop te stamp nie. Ek dink mense moenie so ʼn groot ding maak van goed wat verkeerd loop nie.” Maroela Media

  • Ruan Tennant gee nuwe lewe aan Carike-treffer van ouds

    08/09/2025 Duración: 10min

    “As kind het ‘Hoeka toeka’ vir my baie vreugde gebring, en Carike is steeds vir my ʼn ikoon. Die liedjie het ʼn lekker skop, en dit het my altyd goed laat voel.” Maroela Media

  • Skoolbenodighede is die verskil tussen hoop en wanhoop

    05/09/2025 Duración: 09min

    As ʼn maatskaplike werker het Chandré Oosthuizen al eerstehands die invloed gesien wat iets soos ʼn skooltas op ʼn kind het. Sy het in Maroela Media se ateljee hieroor kom gesels. Maroela Media

  • ‘Jy is wat jy eet,’ sê dokter oor diabetes

    05/09/2025 Duración: 17min

    In die eerste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor diabetes, werp dr. Marlé van der Merwe lig op die verskille tussen tipe 1- en tipe 2-diabetes, asook tekens van dié siektetoestand. Maroela Media

  • Nádine gee Karin Hougaard-treffer nuwe asem

    01/09/2025 Duración: 14min

    Die sprankelende sangeres vertel in Maroela Media se ateljee sy het aanvanklik net beplan om die liedjie op Steve Hofmeyr se Ikoon-konsert te sing en het nooit gedink sy gaan dit opneem nie. Maroela Media

  • Pieter Koen terug agter mikrofoon

    29/08/2025 Duración: 10min

    “Belangrikste van alles was dit vir my ʼn manier om hulde te bring aan ʼn goeie vriend, asook een van die beste Suid-Afrikaanse kunstenaars van sy era.” Maroela Media

  • Kritiese denke op voorgrond by Affies-redenaars

    28/08/2025 Duración: 09min

    Affies het vanjaar ʼn allemintige 14 leerders in 15 kategorieë by die ATKV-redenaarskompetisie se landsfinaal gehad. Drie leerders het by Maroela Media in die ateljee gekuier en is juis uitgedaag om oor kritiese denke onder die jeug te redeneer. Maroela Media

  • Krone-droom word waar vir Danny Smoke

    26/08/2025 Duración: 08min

    “Die groot verhoog, die ligte – dis alles net asemrowend. Dit is die meeste opwinding wat jy ooit in een vertoning sal beleef.” Maroela Media

  • Sangers vorm musiekduo ná liefde op verhoog blom

    23/08/2025 Duración: 15min

    “Terwyl ons gesing het, het ek haar deur my sonbril dopgehou. Ek het sommer geweet wanneer ons optrede verby is, gaan ons sokkie tot die môrester opkom.” Maroela Media

  • Vier 50-jarige mans wil Afrikaans en die lewe vier   

    23/08/2025 Duración: 14min

    “Dit is 2025, al vier van ons is 50 jaar oud en in 1975 gebore, en Afrikaans is 100 jaar oud. 2025 is die jaar waarin ons al hierdie begrippe kan saamsnoer in een begrip, ‘Die Vyftigers’.” Maroela Media

página 2 de 8