Sa Gemeente Londen Preke - Audio & Video

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 253:24:00
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Die nuutste audio en video preke vanaf SA Gemeente Londen

Episodios

  • 'n Massive opdrag en 'n Massive God

    07/11/2010 Duración: 25min

    Die opdrag wat God vir ons elkeen gee hier op aarde is GROOT...maar God is GROTER!

  • How to keep the fire burning

    31/10/2010

    Na afloop van ons uiters geseënde Re:vive London campaign saam met Angus Buchan, luister ons na 'n paar getuienisse oor die campaign. Rian help ons ook verstaan hoe om die vlammetjie wat nou aangesteek is aan die brand te hou.

  • Nagmaal

    28/10/2010 Duración: 28min

    In die lig van vandag se nagmaal wat ons gebruik, praat Rian oor die noodsaaklikheid om die Brood van die Lewe op 'n daaglikse basis in te neem. Net soos die Israeliete elke dag in die woestyn hul kwota manna moes gaan optel, net so moet ons (wanneer ons ook 'n woestyntydperk beleef), elke dag die Woord bestudeer om nie honger te word nie.

  • Word die saad van God

    26/09/2010

    Gasprediker Tinus van Zyl lewer vandag 'n kragtige boodskap oor die gelykenis van die saaier - Ons as christene se werk is nie om onkruid uit te trek nie. Dit is ook nie om te oes nie, maar ons moet saai. Ons moet ons pikke en skoffels neersit en dit verruil vir 'n saadsak.

  • Vaderlike Liefde

    12/09/2010 Duración: 28min

    Verstaan jy God se vaderlike liefde vir ons? Sukkel jy om daardie aspek van God te verstaan? Rian gebruik die verhaal van die verlore seun om hierdie aspek van God meer duidelik te maak vir ons.

  • Wat dryf jou?

    05/09/2010 Duración: 27min

    Na 'n baie intensiewe en suksesvolle kerkraad brainstorm naweek waar daar net weer na gekyk was na wat ons as SA Gemeente dryf en wat ons doel is, gesels Rian vandag met ons oor wat ons persoonlik dryf. Wat hou ons aan die gang? Is dit in lyn met God se woord en hoe verskuif ons die fokus op dit wat belangrik is.

  • Who wants to be a millionaire - 4. Het jy my lief?

    18/07/2010 Duración: 34min

    Die laaste in ons preekreeks. Rian gesels vandag oor Jesus se vraag aan Petrus nadat Petrus hom 3 maal verloën het - Het jy my lief?

  • Who wants to be a millionaire - 3. Wie judge jy?

    11/07/2010 Duración: 41min

    Rian kom skud ons boksies bietjie vandag deur ons te challenge om nie te vinnig die eerste klippe op te tel om mense te veroordeel nie. As Jesus nie 'n prostituut veroordeel het nie, wie is ons om enige iemand anders te veroordeel. Maak nie saak hoe goed of sleg hulle in ons oë is nie.

  • Who wants to be a millionaire - 2. Wil jy gesond word?

    04/07/2010 Duración: 31min

    Preek twee in ons reeks Who wants to be a millionaire? Rian vra die vraag Wil jy gesond word? - die vraag wat Jesus vir die verlamde man gevra het by die bad van Bethesda.

  • Who wants to be a millionaire - 1. Wat soek jy?

    27/06/2010 Duración: 36min

    Rian skop ons nuwe preekreeks af met die vraag "Wat Soek julle?" - Die vraag wat Jesus aan die begin van Sy aardse bediening aan Sy volgelinge gevra het.

  • God se storie

    20/06/2010 Duración: 32min

    Mens is so baie keer geneig om te konsentreer op jou eie persoonlike lewe en verhouding met God dat jy Sy algehele prentjie vir die mensdom op Aarde heeltemal vergeet of miskyk. Christo herhinner ons vandag om ons eie lewens binne daardie perspektief te sien.

  • "Gee julle vir hulle brood..."

    13/06/2010 Duración: 36min

    Jesus daag sy dissipels uit om brood te kry vir ’n honger skare. “Gee julle vir hulle brood...” Hy gee die verantwoordelikheid vir die probleem weg. Honger mense in die moeilikheid is ons probleem!

  • God het 'n plan vir jou

    06/06/2010 Duración: 40min

    Rian gebruik die storie van Abraham om te verduidelik dat God 'n goeie plan vir elkeen van ons het. Die vraag is net of ons ten volle in geloof sal oorgee aan Hom al lyk die toekoms duister.

  • Die Heilige Gees

    30/05/2010 Duración: 41min

    Ons sluit vandag ons pinkster week af met Handelinge 1. Rian verduidelik vir ons dat ons so geneig is om te dink dat die Gees by ons behoeftes en drome moet aanpas, terwyl ons eintlik onsself moet aanpas om in te val by wat Hy reeds mee besig is.

  • In die voetspore van Jesus

    23/05/2010 Duración: 32min

    Rian se eerste preek by ons as offisiële herder van SA Gemeente Londen. Ons begin ook vandag ons pinksterweek met die titel "In die voetspore van Jesus".

  • Waar is Jesus?

    16/05/2010 Duración: 34min

    As ons na Jesus se lewe op Aarde kyk en al die wonderwerke wat Hy gedoen het, vra ons onsself die vraag af - waar is Hy nou? As ons nie meer sulke wonderwerke om ons sien gebeur nie, is Jesus steeds met ons, of kort daar iets?

  • Grense in die huwelik

    02/05/2010 Duración: 57min

    Dawie en Alma deel verder met ons die tips en tricks wat hulle deur die jare in hul huwelik geleer het.

  • Kinders grootmaak 1

    25/04/2010 Duración: 48min

    Dawie en Alma praat vandag en volgende week bietjie uit die huis uit oor wat hulle deur die jare geleer het oor die moets en moenies tov kinders grootmaak.

  • As jou lewe tot stilstand kom

    18/04/2010 Duración: 32min

    Na afloop van die vulkaniese uitbarsting in Ysland wat miljoene mense se lewens tot stilstand gebring het, verduidelik Rian vir ons aan die hand van Joh 20 dat die Here soms juis 'n mense se lewe tot stilstand roep sodat jy 'n hele nuwe rigting vir jou lewe kan inslaan.

  • He Has Risen

    04/04/2010 Duración: 31min

    Rodney Woods lewer 'n paasfees boodskap oor hoe ons seker kan wees van die fisiese opstanding van Jesus.

página 12 de 23