Sinopsis
Die nuutste audio en video preke vanaf SA Gemeente Londen
Episodios
-
Pinkster 5. - Wat is jou Here?
07/06/2009 Duración: 41minRetief Burger sluit ons pinkster week af met 'n praise & worship aand gefokus op heiligmaking.
-
Pinkster - 4. Die gawes van die Heilige Gees
04/06/2009 Duración: 49minPreek 4 van ons pinkster reeks - Die gawes van die Heilige Gees
-
Pinkster - 3. Hoor die stem van die Heilige Gees
04/06/2009 Duración: 38minOns derde pinkster aand - Hoe om die stem van die Heilige Gees te hoor.
-
Pinkster - 2. Nuut deur die Heilige Gees
02/06/2009 Duración: 28minDie tweede preek in ons pinkster reeks oor die Heilige Gees
-
Pinkster - 1. Ontmoet die Heilige Gees
31/05/2009 Duración: 35minDie eerste diens van ons Pinskter reeks. Dawie help ons bietjie meer duidelikheid kry oor die drie-enigheid van God.
-
Facing your giants
10/05/2009 Duración: 37minElkeen van ons het ons 'giants' in ons lewe wat ons moet face op een of ander tyd. Rian verduidelik aan die hand van die intog van Israel in die beloofde land in, dat ons almal voor keuses te staan kom. Ons kan of dit voluit aanvat, of weghardloop (en nog 40 jaar in die woestyn deurbring).
-
Kry wysheid en insig
03/05/2009 Duración: 39minDawie vertel vir ons wat die Here persoonlik met hom gedeel het tydens sy vakansie oor Spreuke 4 - Maak wysheid en insig een van jou hoogste prioriteite
-
Bid vir ons land
26/04/2009 Duración: 42minNa afloop van die verkiesing wat hierdie week in SA plaasgevind het, herhinner Dawie ons dat ons vir al ons leiers moet bid. Dawie voer ook 'n onderhoud met Dif du Plessis en sy gesin, wat sendingwerk doen in Zambië.
-
As die Credit Crunch knyp
19/04/2009 Duración: 36minChristo help vir ons om te verstaan wat die verskil is tussen God se seën en Sy teenwoordigheid sodat ons die huidige finansiële krisis wat die wêreld beleef reg kan benader.
-
Jesus se opstanding
12/04/2009 Duración: 21minVandag kyk ons in diepte na die betekenis van Jesus se opstanding vir ons vandag teen die agtergrond van die Joodse fees (van die ongesuurde brode) waartydens dit plaasgevind het.
-
Hoe moet ons gebed verstaan?
05/04/2009 Duración: 25minAan die hand van Jesus se gebed in die tuin van Getsemane net voordat hy gekruisig is, verduidelik Christo vir ons watter rol gebed speel in ons geestelike groei en die pad wat ons saam met die Here stap.
-
Aanloop tot Paasfees
29/03/2009 Duración: 37minDawie verduidelik vir ons hoe belangrik die konteks en aanloop tot paasfees is (ou en nuwe testament) om die ware betekenis en impak op ons lewens vandag te verstaan.
-
Ministry Service
22/03/2009 Duración: 36minVandag se erediens het bietjie anders verloop as normaalweg. Ons het al ons bedieninge aan die gemeente voorgestel en Dawie se preek het gehandel oor die redes waarom 'n mens kerk toe kom - vir jouself of vir ander. Om te gee of om te ontvang.
-
Op Soek Na Ware Noord (5)
08/03/2009 Duración: 37minOns laaste preek in die reeks Op Soek Na Ware Noord Deur Die Woord. Dawie som vir ons op wat ons die afgelope 5 weke geleer het en verduidelik ook dat Jesus die Woord van God is. Net soos mens nie iemand se gedagtes kan verstaan indien hy dit nie verwoord nie, net so kan mens nie vir God ken as Hy homself nie verwoord nie.
-
Op Soek Na Ware Noord (4)
01/03/2009 Duración: 47min'n Verduideliking oor hoe die Gees van God die inspirasie was tydens die skryf van die Bybel. Net soos 'n instrument nie alleen klanke kan maak sonder die musikant nie, net so kon die skrywers van die Bybel geen woord skryf sonder die Heilige Gees nie. Dit is ook die Heilige Gees wat dan persoonlik met ons aan die werk is, en waarhede vir ons oopbreek wanneer ons die Bybel self lees.
-
Op Soek Na Ware Noord (3)
22/02/2009 Duración: 29minHierdie week het Dawie uit Esegiel vir ons geillustreer dat hoe meer jy omgaan met die Woord hoe soeter word dit soos heuning in jou mond, maar hoe meer bitter word dit in jou maag - hoe duideliker die waarheid word, hoe duideliker word die gebrokenheid van die wereld om jou.
-
Op Soek Na Ware Noord (2)
15/02/2009 Duración: 37minDie tweede preek van ons reeks Op Soek Na Ware Noord (deur die Woord). Leef in die Lig van die Woord - Dawie illustreer aan ons dat hoe nader jy aan die Woord (kompas) leef, hoe duideliker sal God se wil vir jou word - die rigting waarin jy moet beweeg.
-
Get off your mat!
08/02/2009 Duración: 57minGasspreker Ben Davies kom skud vandag ons boot deur vir ons te verduidelik dat ons nie in sak en as moet sit in ons sondige ellende en verhoed dat God met krag deur ons kan werk nie. Dit neem die vyand 'n geruime tyd en slimspel om God se kinders vas te maak met boeie, maar God kan daardie selfde boeie in een oogwink losbreek en ons vry maak om suiwer instrumente in Sy hande te wees.
-
Op Soek Na Ware Noord (1)
01/02/2009 Duración: 30minDawie begin vandag met ons eerste preekreeks vir die jaar - Op Soek Na Ware Noord Deur Die Woord. In 'n wereld waar morele standaarde so verwronge geword het en ons al hoe meer sukkel om God se standaarde te handhaaf, kan ons nie anders as om terug te keer na die Bybel om ons op koers te hou nie.