Sinopsis
Die nuutste audio en video preke vanaf SA Gemeente Londen
Episodios
-
2 Kronieke
11/01/2009 Duración: 36minRian motiveer ons vir die jaar te midde van die uitdagings wat ons in vandag se wereld ondervind.
-
-
-
-
-
Dinamiese Dissipelskap
02/11/2008 Duración: 52minCoen Stoltz - sendeling van Pro-Christo in Zambië, kom skud bietjie ons boot vandag deur te getuig wat dit beteken om regtig naby en in volle oorgawe aan God te leef.
-
Hoe geniet ek my lewe in Deurmekaar tye - Sessie 5
26/10/2008 Duración: 01h04minDie Here wil hê dat ons die lewe geniet, soos ‘n pa vir sy kind wil hê. Ons moet net altyd Hom die einddoel van alles maak. Ons talente, verhoudings en alles staan in diens van die Here en kan deur Hom geniet word.
-
Hoop in Deurmekaar tye - Sessie 4
26/10/2008 Duración: 46minDie kern van hoop in deurmekaar tye is om te hoop op die Here, want dis die enigste lewende hoop. Ons kan nie staatmaak op tye wanneer dit goed gaan nie, want dit kan in ‘n oogwink verander. Net die Here bring vir ons ware Hoop.
-
Total commitment in Deurmekaar tye - Sessie 3
26/10/2008 Duración: 01h05minCassie ondersteep weer God se 100% commitment aan die mens. Daardeur challenge hy elke persoon deur te vra: ‘Hoeveel van jou lewe behoort regtig aan die Here?’ Die Here wil in beheer wees van elke deel van jou lewe, en dit kan net gebeur as jy jouself kruisig en alles aan Hom oorgee.
-
Kinders grootmaak in Deurmekaar tye - Sessie 2
26/10/2008 Duración: 56minCassie gesels uit sy eie lewe en die lesse wat hy geleer het in die opvoeding van sy 4 kinders. Hy gee vir elke ouer waardevolle inligting oor die manier hoe om kinders groot te maak in deurmekaar tye.
-
Getroud wees in Deurmekaar tye - Sessie 1
26/10/2008 Duración: 01h02minCassie gesels in die 1ste sessie oor die huwelik. Sy lesing is grootliks gebasseer op die boek The Sacred Marriage en hy lig baie van die beginsels uit die boek. Die hooftema wat deurkom, is dat God die huwelik ingestel het om meer heilig te word en nie noodwendig meer gelukkig nie.
-
Hoe oorleef ek HEL by die werk (4)
19/10/2008 Duración: 45minDit is die laaste preek van ons reeks, Hel by die Werk. Dawie maak gebruik van 'n drama aan die begin van die diens as illustrasie.
-
Die Opdrag van die Kerk
12/10/2008 Duración: 36minPhillip Scheepers van Veritas kuier vandag by ons vanuit Australië. Hy praat oor die Groot Opdrag in Matt 28:19. Gaan en maak dissipels. Doop hulle en leer hulle om te leef volgens Bybelse riglyne.
-
Hoe oorleef ek HEL by die werk? (3)
05/10/2008 Duración: 34minIn die derde van ons preekreeks verduidelik Dawie dat die eintlike plek waar ons 'kerk' moet hou, is daar buite in die wereld - in die werksomgewing. Ons hou Sondag eredienste en selbyeenkomste eintlik net om onsself te 'equip' om 'n verskil daarbuite te gaan maak. Sondag is kwartlemoentjie tyd!
-
Hoe oorleef ek HEL by die werk (2)
28/09/2008 Duración: 46minOns almal ervaar erens in ons lewe krisisse met ons mede kollegas by die werk. Of hulle nou vloek, lui is, skinder of oneties is. Dawie verduidelik aan die hand van Titus 2 dat daar 'n goue middeweg is vir 'n christen om op te tree in liefde, sonder om jouself op hulle af te dwing, daarvan weg te vlug of om hulle te 'join'.
-
Hoe oorleef ek HEL by die werk? (1)
21/09/2008 Duración: 43minDie eerste van ons nuwe preekreeks. Na aanleiding van 'Black Monday' wat verby is en die ekonomiese terugslae wat ons tans beleef, dui Dawie vir ons aan dat ons as christene te midde van swaarkry soms sterker word in ons geestelike lewe, en dat God alles ten goede sal laat meewerk soos Hy beloof.
-
God is nog nie klaar met jou nie
14/09/2008 Duración: 28minMaak nie saak waar op die lewenspad jy jouself bevind nie. Maak nie saak hoeveel terugslae en aanslae jy moet verduur nie. God is nog nie klaar met jou nie. Hy het 'n plan, en Hy sal hom enduit uitvoer.
-
Die Woord as spieël
08/09/2008 Duración: 40minElke mens vergelyk homself met iets/iemand. En so leer mens ook ander mense met wie jy gereeld te doen het, se gewoontes en maniertjies aan. Sommige goed, ander sleg. Dawie verduidelik vir ons aan die hand van Jakobus 1 dat mens jouself in die Bybel moet soek en hoor wat God van jou dink en nie noodwendig mense nie.
-
Pelgrimsreis
24/08/2008 Duración: 29minChristo preek dat elkeen van ons maar op ons eie pelgrimstog is. Ons sal nooit die eindbestemming bereik hier op aarde nie. Die pad is ook nie altyd gelyk en maklik nie, maar ons strek ons uit na wat voorlê in die Hemel.