Sa Gemeente Londen Preke - Audio

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 264:57:00
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Die nuutste audio preke vanaf SA Gemeente Londen

Episodios

  • Grense in die huwelik

    02/05/2010 Duración: 57min

    Dawie en Alma deel verder met ons die tips en tricks wat hulle deur die jare in hul huwelik geleer het.

  • Kinders grootmaak 1

    25/04/2010 Duración: 48min

    Dawie en Alma praat vandag en volgende week bietjie uit die huis uit oor wat hulle deur die jare geleer het oor die moets en moenies tov kinders grootmaak.

  • As jou lewe tot stilstand kom

    18/04/2010 Duración: 32min

    Na afloop van die vulkaniese uitbarsting in Ysland wat miljoene mense se lewens tot stilstand gebring het, verduidelik Rian vir ons aan die hand van Joh 20 dat die Here soms juis 'n mense se lewe tot stilstand roep sodat jy 'n hele nuwe rigting vir jou lewe kan inslaan.

  • He Has Risen

    04/04/2010 Duración: 31min

    Rodney Woods lewer 'n paasfees boodskap oor hoe ons seker kan wees van die fisiese opstanding van Jesus.

  • Palm Sondag

    28/03/2010 Duración: 39min

    Om te kan groei, moet ons eers verstaan wat dit regtig beteken om te sterf. Ons kyk vandag na Jesus se laaste paar dae voor Sy kruisiging om hierdie konsep beter te verstaan.

  • Vreemdelinge

    21/03/2010 Duración: 27min

    Soos vreemdelinge in die buiteland (of soos Afrikaners in Londen), is ons christene IN hierdie wêreld, maar nie VAN hierdie wêreld nie. Dawie verduidelik vir ons hoe ons ons plek moet sien in hierdie agteruitgaande omstandighede waarin ons leef.

  • Tye van Verandering

    14/03/2010 Duración: 40min

    Aan die hand van Jesaja 6, verduidelik Rian vir ons dat verandering somtyds noodsaaklik is vir geestelike groei. Of dit nou lekker is aldan nie.

  • Sleutels tot Groei (4) - Getuig

    07/03/2010 Duración: 27min

    Wat beteken dit om 'n getuie te wees? Het jy 'n getuienis wat jy kan vertel? Is dit nodig? Dawie verduidelik vandag vir ons die belangrikheid om te kan getuig van God se goedheid in ons persoonlike lewens.

  • Sleutels tot groei (3) - Diens

    28/02/2010 Duración: 38min

    In ons voorlaaste preek in ons reeks, Sleutels tot Groei, verduidelik Dawie vir ons die belangrikheid van diensbaarheid as een van die sleutels vir geestelike groei.

  • Sleutels tot Groei - Meditasie

    21/02/2010 Duración: 22min

    Hoe benader jy die Bybel? Lees jy dit reg? Voel dit asof God met daardeur praat? Of lees jy dit maar net om jou gewete te sus sonder om regtig geestelike 'kos' daaruit te kry? Dawie gesels vandag met ons oor hoe God sê ons Sy Woord moet benader.

  • Sleutels tot Groei - Inleiding

    14/02/2010 Duración: 46min

    Die eerste preek van 4 in ons reeks Sleutels tot Groei. Rian verduidelik vandag vir ons hoekom dit so noodsaaklik is om geestelike dissiplines te hê, al word ons nie op grond van ons dade gered nie.

  • Hoe lyk jou kerk?

    07/02/2010 Duración: 26min

    So baie mense het so baie opinies oor wat kerk is en hoe 'n kerk behoort te lyk en te funksioneer. Dawie gesels vandag met ons oor wat God se siening van Sy kerk is.

  • Avatar

    24/01/2010 Duración: 47min

    Na die suksesvolle vrystelling van die fliek Avatar, gesels Dawie vandag met ons oor effektiewe maniere hoe mens hierdie fliek kan gebruik as 'n wegspringpunt vir 'n geestelike gesprek. Ben Payne van MedAir gesels ook met ons oor die werk wat hulle tans doen in aardbewing-getuisterde Haiti.

  • Tussen jou en God

    17/01/2010 Duración: 35min

    So baie van ons het hoë aspirasies en doelwitte waarna ons streef om ons lewe hier op aarde 'suksesvol' te maak. En partykeer is dit juis hierdie dinge wat staan tussen ons en God.

  • Klein Verskille

    10/01/2010 Duración: 28min

    So met die afskop van die nuwejaar, herhinner Dawie ons weer aan Die Groot Komissie en maniere hoe om die evangelie te verkondig.

  • Kerssangdiens

    06/12/2009 Duración: 32min

    Kerssangdiens 2009 - Dawie bring ons nader aan die realiteit van God se liefde vir ons deur die voorbeeld van 3 seuntjies...

  • 2 Kor 4

    29/11/2009 Duración: 37min

    Phillip Scheepers vanuit Australië preek vandag by ons oor 2 Kor 4 - ons opdrag om die evangelie te verkondig.

  • Woord van God

    22/11/2009 Duración: 32min

    Stephan Joubert kuier vandag by ons vanuit Suid Afrika en kom inspireer ons weer van voor af om erns te maak met seker een van ons belangrikste take - om God se Woord te bestudeer en te deurdink.

  • Worship 2 - Worship omdat ek lief is vir die Here!

    08/11/2009 Duración: 42min

    Ons worship op ‘n Sondag is ’n uitloop van die verhouding wat ek met die Here het en word bepaal deur wat in die week tussen my en die Here gebeur. Die bewussyn dat ek die hele tyd in die teenwoordigheid van die Here lewe kleur my hele lewe, asook my worship in. Sonder hierdie kontak is ware worship onmoontlik.

  • Worship 1 - Hoekom?

    01/11/2009 Duración: 45min

    Ons is gemaak om te aanbid. Ons kan dit nie help nie – as ons regtig met God te doen het, aanbid mens. Maar daar is ’n probleem …

página 14 de 25