Sa Gemeente Londen Preke - Audio

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 264:57:00
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Die nuutste audio preke vanaf SA Gemeente Londen

Episodios

  • Op Soek Na Ware Noord (3)

    22/02/2009 Duración: 29min

    Hierdie week het Dawie uit Esegiel vir ons geillustreer dat hoe meer jy omgaan met die Woord hoe soeter word dit soos heuning in jou mond, maar hoe meer bitter word dit in jou maag - hoe duideliker die waarheid word, hoe duideliker word die gebrokenheid van die wereld om jou.

  • Op Soek Na Ware Noord (2)

    15/02/2009 Duración: 37min

    Die tweede preek van ons reeks Op Soek Na Ware Noord (deur die Woord). Leef in die Lig van die Woord - Dawie illustreer aan ons dat hoe nader jy aan die Woord (kompas) leef, hoe duideliker sal God se wil vir jou word - die rigting waarin jy moet beweeg.

  • Get off your mat!

    08/02/2009 Duración: 57min

    Gasspreker Ben Davies kom skud vandag ons boot deur vir ons te verduidelik dat ons nie in sak en as moet sit in ons sondige ellende en verhoed dat God met krag deur ons kan werk nie. Dit neem die vyand 'n geruime tyd en slimspel om God se kinders vas te maak met boeie, maar God kan daardie selfde boeie in een oogwink losbreek en ons vry maak om suiwer instrumente in Sy hande te wees.

  • Op Soek Na Ware Noord (1)

    01/02/2009 Duración: 30min

    Dawie begin vandag met ons eerste preekreeks vir die jaar - Op Soek Na Ware Noord Deur Die Woord. In 'n wereld waar morele standaarde so verwronge geword het en ons al hoe meer sukkel om God se standaarde te handhaaf, kan ons nie anders as om terug te keer na die Bybel om ons op koers te hou nie.

  • Ateis Bus

    18/01/2009 Duración: 42min

    Dawie gesels vandag oor die slogan wat hy nou die dag op 'n Rooi Bus in Londen gesien het: "There is probably no god, so relax and enjoy life!"

  • 2 Kronieke

    11/01/2009 Duración: 36min

    Rian motiveer ons vir die jaar te midde van die uitdagings wat ons in vandag se wereld ondervind.

  • Kerssangdiens 2008

    30/11/2008 Duración: 30min

    Die preek gedeelte van vanjaar se kerssangdiens.

  • Vertrou op God

    09/11/2008 Duración: 41min
  • God se Koningkryk

    09/11/2008 Duración: 32min
  • Dinamiese Dissipelskap

    02/11/2008 Duración: 52min

    Coen Stoltz - sendeling van Pro-Christo in Zambië, kom skud bietjie ons boot vandag deur te getuig wat dit beteken om regtig naby en in volle oorgawe aan God te leef.

  • Hoe geniet ek my lewe in Deurmekaar tye - Sessie 5

    26/10/2008 Duración: 01h04min

    Die Here wil hê dat ons die lewe geniet, soos ‘n pa vir sy kind wil hê. Ons moet net altyd Hom die einddoel van alles maak. Ons talente, verhoudings en alles staan in diens van die Here en kan deur Hom geniet word.

  • Hoop in Deurmekaar tye - Sessie 4

    26/10/2008 Duración: 46min

    Die kern van hoop in deurmekaar tye is om te hoop op die Here, want dis die enigste lewende hoop. Ons kan nie staatmaak op tye wanneer dit goed gaan nie, want dit kan in ‘n oogwink verander. Net die Here bring vir ons ware Hoop.

  • Total commitment in Deurmekaar tye - Sessie 3

    26/10/2008 Duración: 01h05min

    Cassie ondersteep weer God se 100% commitment aan die mens. Daardeur challenge hy elke persoon deur te vra: ‘Hoeveel van jou lewe behoort regtig aan die Here?’ Die Here wil in beheer wees van elke deel van jou lewe, en dit kan net gebeur as jy jouself kruisig en alles aan Hom oorgee.

  • Kinders grootmaak in Deurmekaar tye - Sessie 2

    26/10/2008 Duración: 56min

    Cassie gesels uit sy eie lewe en die lesse wat hy geleer het in die opvoeding van sy 4 kinders. Hy gee vir elke ouer waardevolle inligting oor die manier hoe om kinders groot te maak in deurmekaar tye.

  • Getroud wees in Deurmekaar tye - Sessie 1

    26/10/2008 Duración: 01h02min

    Cassie gesels in die 1ste sessie oor die huwelik. Sy lesing is grootliks gebasseer op die boek The Sacred Marriage en hy lig baie van die beginsels uit die boek. Die hooftema wat deurkom, is dat God die huwelik ingestel het om meer heilig te word en nie noodwendig meer gelukkig nie.

  • Hoe oorleef ek HEL by die werk (4)

    19/10/2008 Duración: 45min

    Dit is die laaste preek van ons reeks, Hel by die Werk. Dawie maak gebruik van 'n drama aan die begin van die diens as illustrasie.

  • Die Opdrag van die Kerk

    12/10/2008 Duración: 36min

    Phillip Scheepers van Veritas kuier vandag by ons vanuit Australië. Hy praat oor die Groot Opdrag in Matt 28:19. Gaan en maak dissipels. Doop hulle en leer hulle om te leef volgens Bybelse riglyne.

  • Hoe oorleef ek HEL by die werk? (3)

    05/10/2008 Duración: 34min

    In die derde van ons preekreeks verduidelik Dawie dat die eintlike plek waar ons 'kerk' moet hou, is daar buite in die wereld - in die werksomgewing. Ons hou Sondag eredienste en selbyeenkomste eintlik net om onsself te 'equip' om 'n verskil daarbuite te gaan maak. Sondag is kwartlemoentjie tyd!

  • Hoe oorleef ek HEL by die werk (2)

    28/09/2008 Duración: 46min

    Ons almal ervaar erens in ons lewe krisisse met ons mede kollegas by die werk. Of hulle nou vloek, lui is, skinder of oneties is. Dawie verduidelik aan die hand van Titus 2 dat daar 'n goue middeweg is vir 'n christen om op te tree in liefde, sonder om jouself op hulle af te dwing, daarvan weg te vlug of om hulle te 'join'.

página 17 de 25