Sa Gemeente Londen Preke - Audio

Informações:

Sinopsis

Die nuutste audio preke vanaf SA Gemeente Londen

Episodios

  • Leef jou Roeping 8 (audio)

    29/03/2015

    Die opdrag om getuies te wees staan in die kern van Christenskap. Jesus verklaar in Joh 17 dat soos God Hom stuur, stuur Hy ons. In Gen 12, as God Abraham roep is die opdrag om tot seën van al die nasies te wees. Ons word uitgestuur om vir mense ‘n blessing te wees. Dit is net moontlik as ons aan die Here toegewyd is (Joh 17:17-19). Dit is ons commitment aan Jesus wat dit moontlik maak om ander deur ons lewens te bless.

  • Leef jou Roeping 7 (audio)

    22/03/2015 Duración: 43min

    Jesus roep ons in Markus 8:27-38 om Hom te volg deur ons kruise te dra. Kruis dra is nie vir ons maklik nie, want gewoonlik veroorsaak swaarkry en lyding en opoffering eerder meer vra en onsekerheid by ons. Vir min van ons is dit ‘n bevestiging van ons geloof en ons dissipelskap. Ons is in goeie geselskap, want selfs Petrus sien nie kans hiervoor nie!

  • Leef jou Roeping 6 (audio)

    15/03/2015 Duración: 30min

    Jesus roep ons in Johannes 13 om te dien soos Hy gedien het. Maar as ons nie eers lief is vir mense nie, is dit baie moeilik om te dien – Joh 13:35. Dit is juis in hoe ons vir ander lief is en dien dat ‘n wêreld gaan weet dat ons die Here dien en sy dissipels is.

  • Leef jou Roeping 5 (audio)

    08/03/2015 Duración: 30min

    As Jesus sy eerste dissipels roep, nooi Hy hulle uit in Johannes 1:39 “Kom saam dan sal julle sien…” As ons Jesus se dissipels wil wees, moet ons Hom volg, tyd saam met Hom deurbring. Dit is hoe jy Hom leer ken, hoe jy gaan weet of dit waar is en hoe jy ‘n verskil in mense se lewens kan maak.

  • Leef jou Roeping 4 (audio)

    01/03/2015 Duración: 30min

    God roep Hosea met ‘n ander opdrag. Hy moes met ‘n prostituut trou, wat keer op keer wegloop en kinders by ander mans kry, en keer op keer neem Hosea haar terug. Dit is hierdie God wat ons ook roep. God is lief vir ons – en Hy gaan my weer en weer kom haal, gaan aanhou om my te soek. EN: dit word die maastaf hoe ek ander moet hanteer: Hosea tree op teenoor Gomer, soos God optree teenoor ons – dit is hoe ons moet optree... Dit sal altyd die hart bly van Christenskap, van ons geloof.

  • The Sabbath Rest (audio)

    22/02/2015 Duración: 31min

    Guest preacher and friend Rod Woods talks about The Sabbath Rest

  • Leef jou Roeping 3 (audio)

    15/02/2015 Duración: 27min

    As God Jeremia roep verklaar Hy dat voordat Jeremia al gebore is, het Hy ‘n plan met sy lewe gehad. Ons mag dit glo oor ons eie lewens – God het ‘n spesifieke plan en roeping met elkeen van ons! Hierdie plan van God staan voor enige iets anders wat al met ons geebur het of vir ons voorlê.

  • Leef jou Roeping 2 (audio)

    08/02/2015 Duración: 38min

    Esegiël word geroep in ‘n tyd toe dit wou lyk of alles verkeerd loop vir God se mense. Israel is in ballingskap, hul toekoms is vernietig, hulle planne werk nie uit nie... en dit wou amper nie lyk of die feit dat hulle God dien enigsins tot hulle voordeel is nie, want hulle sien en ervaar nie dat God kragtig werk en ingryp nie. Maar God roep Esegiël in ‘n visoen. Esegiël moes eers ontdek hoe groot en magtig hierdie God is, voordat hy by sy roeping kon uitkom. Hierdie God werk vandag nog deur sy Gees en sy

  • Leef jou Roeping 1 (audio)

    01/02/2015 Duración: 38min

    God roep elkeen van ons. Maar hierdie roeping het nie in die eerste plek baie te doen met wie en hoe ons is en wil wees nie – dit gaan in die eerste plek oor hoe en wie God is. In Jesaja 6, die roepingsverhaal van Jesaja, is die eerste wat ons hoor hoe engele God se heiligheid besing – v 3. Om by ons roeping uit te kom, sal ons moet rekening hou met hierdie heilige God, wat heers en regeer en koning wil wees in ons lewens. Dit het ‘n magtige impak op Jesaja, wat die koers van sy lewe verander.

  • Hebreërs 11 (audio)

    25/01/2015 Duración: 34min

    Hebreers 11 is die verhaal van geloofshelde, mense wat onthou sal word vir hulle geloof, maar ons weet tog baie goed dat hierdie sg “helde” baie foute gemaak het, dat hulle eintlik maar net gewone mense was soos ek en jy met foute. Heb 11:1 verklaar “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Dit beteken ons sal moet leer om God te vertrou, al sukkel ons om te glo en werk dinge nie uit nie – dit is nie ‘n voorwaardes vir geloof nie.

  • Nuwejaar (audio)

    04/01/2015 Duración: 31min

    In Psalm 27:4 verklaar Dawid “Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag; dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel.” My nuwejaarsvoorneme vir 2015 is om soos Dawid elke dag moeite te doen met God se teenwoordigheid, met God-by-my.

  • Phillip Scheepers (audio)

    30/11/2014 Duración: 37min

    Ons geliefde vriend Phillip kuier vandag by ons vanuit Australië en breek vir ons die Skrif oop uit Handelinge 17.

  • Eerste liefgehad (audio)

    23/11/2014 Duración: 27min

    In Matteus hoofstuk 3 leer ons dat God ons eerste liefgehad het, nog voordat ons enige iets probeer het om Sy liefde te wen. Dit beteken dat ons niks meer kan doen daarna, om Hom nog liewer vir ons te maak nie. Maak nie saak hoe stukkend ons is nie.

  • Mayan Subrayan (audio)

    16/11/2014 Duración: 50min

    Mayan Subrayan - die huidige chaplain van die Springbokke, kuier vandag by ons en bring 'n boodskap van hoop vir ons Afrikaners en dat ons moet aanhou vashou aan ons drome.

  • Remembrance Sunday (audio)

    09/11/2014 Duración: 30min

    In Matteus 9 lees ons hoe mense se lewens verander word deur die ontdekking dat Jesus hulle raaksien. Die feit dat Hy ons raaksien, maak ons verhouding met Hom baie persoonlik – Hy weet presies wie ons is! Hy sien die verlamde se vriende se geloof – en die man loop. (Ons geloof maak ‘n massiewe verskil in ons vriende se lewens!) Hy sien Matteus agter sy tollenaarstafel sit en keer sy lewe om – en die tollenaar word ‘n dissipel. Hy sien ‘n vrou wat al 12 jaar lank bloei en maak haar gesond, gee haar nuwe wa

  • A Broken Halleluya (audio)

    02/11/2014 Duración: 35min

    “…love is not a victory march, it’s a cold and broken hallelujah…” Geloof beteken nie dat alles vir ons uitwerk en dat dit altyd met ons goed gaan nie. God se seën lyk soms heeltemal anders. Paulus wil roem (hallelujah sing) maar doen dit nie oor sy afkoms of harde werk nie, maar oor sy swaarkry, oor sake wat nie vir hom uitgewerk het nie, oor gevare wat op sy pad was, oor onbeantwoorde gebede! Paulus het geleer dat hy in sy swakheid kan roem, omdat God se genade vir hom genoeg is en omdat as hy swak is, G

  • Die Reuse in ons lewens (audio)

    26/10/2014 Duración: 25min

    Ons staan dikwels in ons lewens voor groot en moeilike uitdagings en in sulke situasies is dit soms baie moeilik om die Here te vertrou. Israel moet die Beloofde Land intrek, maar 10 van die 12 verkenners sien nie kans daarvoor nie, omdat daar sg reuse is. En hulle keuse is eerder om terug te gaan woestyn toe! As ons nie bereid gaan wees om God te vertrou oor die “reuse” voor ons nie – gaan ons geestelik ook net in die woestyn bly!

  • Hoe hoor ek God se stem? (audio)

    19/10/2014 Duración: 53min

    'n Vraag wat seker in elke christen se lewe een of ander tyd opkom, is oor hoe 'n mens die Heilige Gees herken in jou lewe en hoe om Sy stem te hoor. Vandag gesels Rian met ons juis hieroor.

  • Breathing Under Water - Week 5 (audio)

    12/10/2014 Duración: 34min

    Die Heilige Gees is God se asem wat HY vir ons gee om te lewe! As die Heilige Gees in ons lewens begin werk, dan sien ons dit soms die beste in ons verhoudings met mense. Galasiërs 6 handel hieroor en die uitdaging is: Vat eienaarskap vir mekaar – v 1, dra mekaar se laste – v 2 en bly nederig soos jy jou eie lewe ondersoek – v 3-8. As Paulus vir oulaas wil praat oor vryheid is sy verklaring dat hy net in die kruis sal roem, net aan die kruis van Jesus sal bly vashou – v 18!

  • Breathing Under Water - Week 4 (audio)

    05/10/2014 Duración: 34min

    In Galasiërs 5:1 sê Paulus dat Christus ons vrygemaak om werklik vry te wees – niks anders kan en gaan dit doen nie. Hierin moet ons aktief vas staan (v 1), nie sonde vrye teuels gee nie (v 13) en ons deur die Gees laat lei (v 16, 18). Twee keer sê Paulus dat wat ons moet doen is liefde (v 6 en 13-15)! Die een wat jou lei – Gees of sondige natuur – gaan soos suurdeeg in jou lewe werk ( v 9) en die gevolge daarvan in ons lewens is duidelik: of sonde v 19-21 of vrug van Gees v 22.

página 5 de 25