Sa Gemeente Londen Preke - Audio

Informações:

Sinopsis

Die nuutste audio preke vanaf SA Gemeente Londen

Episodios

  • Fruitfulness on the Frontline - Week 2 (audio)

    13/09/2015 Duración: 39min

    Om vrug te dra het ons ‘n “inside job” nodig! Ons kan nie sommer besluit da tons goeie mense wil word en reg gaan leef nie, dit gaan nie gebeur nie – en ons almal ken heirdie pad baie goed. Die fokus van hierdie pad is dan maar net weer op onsself wat in eie krag weer ‘n selfverbeteringsprojek aanpak. ‘n Lewe van vrug is die spontane resultaat van ‘n lewe wat oorgegee is aan die Heilige Gees.

  • Fruitfulness on the Frontline - Week 1 (audio)

    06/09/2015 Duración: 37min

    God se GROOT PRENTJIE - Ons het as Christene ‘n getuienis verantwoordelikheid. Hierdie opdrag skrik ons af, maar nooit mag ons dink dat ons op ons eie op hierdie journey is nie. In 2 Konings 6 as ‘n vyandige leër hulle omsingel is Elisa se antwoord in v 16: “Die wat by ons is, is meer as by hulle…” God is by ons en ons onderskat baie keer die geweldige potensiaal daarvan! Die fokus bly vir Christene altyd op dit wat God kragtig in en deur Jesus Christus in ons en deur ons wil en gaan doen.

  • Ferdie Clasen (audio)

    30/08/2015

    Ferdie Clasen van Suidwyk kuier vandag by ons terwyl Rian op verlof is

  • Ferdie Clasen

    30/08/2015 Duración: 26min

    Ferdie Clasen van Suidwyk kuier vandag by ons terwyl Rian op verlof is

  • Stroom Op - Week 4 (audio)

    16/08/2015 Duración: 38min

    Stroom Op - Week 4 (audio)

  • Stroom Op - Week 3 (audio)

    09/08/2015 Duración: 37min

    Stroom Op - Week 3 (audio)

  • Stroom Op - Week 2 (audio)

    02/08/2015 Duración: 36min
  • Stroom Op - Week 1 (audio)

    26/07/2015 Duración: 30min

    Salm swem stroom-op om ten spyte van die gevare en uitdagings daaraan verbonde te gaan voort plant. Vir nuwe lewe is dit nodig om stroom-op te swem – defnitief ook in ons geloof. Gen 37 is die verhaal van Josef se disfunksionele gesin. Om stroom-op te swem moes hy leer dat God in goed en swaar by hom is. Josef moes leer om God te vertrou ten spyte van al die foute wat hy en ander maak. Die gat waarin hy beland het was nie die einde nie – baie erger het nog vir hom voorgelê!

  • Leef voluit! (audio)

    19/07/2015 Duración: 37min

    Die Bybel is baie duidelik dat ons seker kan wees van ons redding (1 Joh 5:13, Joh 1:12), dat ons geloof gebou is op wie Jesus was en wat Hy kom doen het (Rom 3:24) en dat hierdie redding uit genade is (weer Rom 3:24). Om seker te wees van ons redding moet ons dit voluit leef en dit is wat Paulus in 1 Tessalonisense 1 oor skryf. Ons moet waag, maar daaruit groei ‘n egtheid – mense weet en sien of ons glo. Dit kan net gebeur as ons die Woord aanneem en deel maak van ons lewens. Karl Barth antwoord op sy ster

  • Onder die besembos (audio)

    12/07/2015 Duración: 43min

    In 1 Konings 18 behaal Elia ‘n magtige oorwinning oor die Baal-profete, maar in 1 Konings 19 vlug hy vir sy lewe en kry ons hom onder ‘n besembos in die woestyn, bereid om te sterf! Ons wil ook soms opgee op ons geloof. Maar God is nog nie klaar met ons nie. Elia moes leer dat God steeds vir hom sal sorg (v 5-7); hom gaan bly uitdaag (v 9-14); Homself op ‘n nuwe manier aan Elia gaan wys – hierdie keer in stilte (v 12-13) en sal bly voorsien (v 16-18). Al wil ons soms opgee, God gaan nie op ons opgee nie.

  • Matteus 4 (audio)

    28/06/2015 Duración: 41min
  • Volhard (audio)

    14/06/2015 Duración: 30min

    Ons verhouding met die Here is bedoel om voortdurend te groei, ons moet aanhou uitgedaag word om te bou op die fondamente van ons geloof. Ons hoef nooit onseker te wees van ons redding deur Jesus, geloof in Christus en die rol wat Hy in ons lewens wil speel nie – dit staan vas, op hierdie fondamente kan ons ‘n lewe van geloof bou – Heb 6:1-2. Dit uitdaging is om aan te hou om te volhard – 6:4-6, 11-12. So maklik kan ons moedeloos word, moeg word, as sake skeefloop in ons lewens dit oorweeg om op te gee op

  • Hebreërs 6 (audio)

    14/06/2015 Duración: 40min

    Ons verhouding met die Here is bedoel om voortdurend te groei, ons moet aanhou uitgedaag word om te bou op die fondamente van ons geloof. Ons hoef nooit onseker te wees van ons redding deur Jesus, geloof in Christus en die rol wat Hy in ons lewens wil speel nie – dit staan vas, op hierdie fondamente kan ons ‘n lewe van geloof bou – Heb 6:1-2. Dit uitdaging is om aan te hou om te volhard – 6:4-6, 11-12. So maklik kan ons moedeloos word, moeg word, as sake skeefloop in ons lewens dit oorweeg om op te gee op

  • Lukas 3 (audio)

    07/06/2015 Duración: 30min

    Lukas 3:1-22 vertel die verhaal van Johannes die Doper wat vir Jesus doop. Die doop is ‘n verklaring dat ek glo dat God in my wêreld is en werk en nuut maak en red en my uit my woestyn wil wegneem, en my gaan aanhou uitdaag om my geloof te leef. Nooit mag die doop net ‘n simboliese godsdienstige handeling wees nie. Ons mag nie agter die doop wegkruip om gehoorsaam te wees en vrug te dra van ons geloof nie.

  • HOME - Week 3 (audio)

    17/05/2015 Duración: 46min

    Van ons beste herinneringe van ons kinderdae is die kere wat ons saam om ‘n tafel was en saamgeeet het! As ons dink aan huis, dan dink ons aan kos! Met die Nagmaal kom gee die Here vir ons brood en wyn wat tekens is daarvan dat Hy ons met baie meer en baie dieper wil voed. In Joh 6:35 verklaar Hyself dat Hy die Brood van die Lewe is. Ons moet hierdie brood eet…

  • HOME - Week 2 (audio)

    10/05/2015 Duración: 39min

    In Lukas 11:37-53 is Jesus baie hard en reguit met die Fariseërs. Hy is nie bang om hulle uit te daag oor dit wat nie reg is in hulle lewens nie – en ook met ons oor wat nie reg is in ons lewens nie, want dit is die enigste manier hoe ons eg en opreg en gesond kan word. En alles begin by wat in ons harte is – dit is dit wat binne ons is wat die groot verskil maak.

  • HOME - Week 1 (audio)

    03/05/2015 Duración: 40min

    As Jesus in mense se huise kom verander hul lewens. Siekte in Jairus, die raadslid van die sinagoge, se huis dryf hom na Jesus. In sy geloofsworsteling met Jesus, maak Jesus ‘n siek vrou gesond om hom te help om te glo. As Jesus dan in sy huis kom, maak hy sy sterwende kind gesond. Jesus wil genesing bring in ons huise.

  • Xenophobia (audio)

    26/04/2015 Duración: 32min

    Xenofobie - Die Bybel het duidelike opdragte oor hoe ons vreemdelinge moet hanteer. Na die uittog uit Egipte is die opdrag baie duidelik, dat Israel vir vreemdelinge moet goed wees, omdat hulle weet wat dit is om vreemdelinge te wees. Jesus vertel die verhaal van die Barmhartige Samaritaan in Lukas 10 sodat ons kan verstaan dat ons liefde vir God moet oorspoel in ons liefdevolle hantering van ander.

  • Die Opstanding (audio)

    19/04/2015 Duración: 34min

    Lukas 24:13 - Die opstanding van Jesus uit die dood.

  • Matteus 18 (audio)

    12/04/2015 Duración: 30min

    Gasprediker Andre Harmzen van Noordwyk staan in vir RIan vandag op die kansel terwyl Rian in Suid Afrika is vir die week.

página 4 de 25