Sa Gemeente Londen Preke - Audio

Informações:

Sinopsis

Die nuutste audio preke vanaf SA Gemeente Londen

Episodios

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 5

    19/02/2017 Duración: 43min

    Openbaring 4 en 5 neem Johannes in God se troonsaal in. Dit is opwindend om te sien dat die deur na die hemel toe oop is (4:1). En keer op keer is die reaksie om God te loof en te prys, te worship. Worship help ons om te onthou dat ons God op die troon sit en heers (4:2), dat ons nooit alleen is nie, dat Jesus ons lewens en toekoms in sy hande vashou en daarom kan ons sing.

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 4 (audio)

    12/02/2017 Duración: 31min

    Ons backslide almal. Daar is tye in ons almal se lewens waar ons ver van die Here af is. Johannes skryf oor die 7 gemeentes dieselfde. En daarvoor het ons almal ‘n verandering/metanoia/bekering nodig. Maar Johannes is ook opgewonde oor die commitment van hierdie gemeentes. Geloof speel meestal af tussen hierdie 2 pole: tye van commitment en tye van afsydigheid. Sy uitdaging vir die gemeentes is dat hulle nie moet opgee nie, want die Here gee nie op op ons nie – “Hy staan by die deur en Hy klop…"

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 3 (audio)

    05/02/2017 Duración: 26min

    Enige kerk of gemeente by ‘n kruispad moet ontdek dat die Here by sy kerk is. Die kerk is vir die Here belangrik. Elke gemeente is vir die Here belangrik. In die briewe aan die 7 gemeentes (Openb 2 en 3) is dit baie duidelik dat hierdie gemeentes nie volmaak is nie. Elkeen het foute, worstel met sekere sake, en moet verander - en die Here om hulle uit te daag.Die Here is nog nie klaar met sy kerk en met elkeen van ons nie. Elkeen het kerk nodig om ons te help om te bly glo, ons het almal nodig om connected

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 2 (audio)

    29/01/2017 Duración: 30min

    Woorde skep. Dit bring lewe of maak dood. Met woorde bou ons op of breek ons af. Die Bybel skep ook. Dit is God se Woord. Dit is God se woorde waarmee Hy lewe wil bring, waarmee Hy wil vorm, opbou en nuut maak. Openbaring 1:8 sê dat Jesus die “een is wat was en is en wat kom... die Alfa en die Omega... die Eerste en die Laaste...” Hy skep hemel en aarde met woorde. Elke keer as ek die Bybel lees, wil God daarmee in my skep, iets nuut in my doen. Hy wil my ‘n nuwe mens maak deur sy Woord en woorde. Hou aan

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 1 (audio)

    22/01/2017 Duración: 47min

    Die boek Openbaring is geskryf vir die kerk en gelowiges om hulle te help om te oorleef in baie moeilike omstandighede – hulle is vervolg, polities en ekonomies uitgeskuif en selfs doodgemaak as gevolg van hulle geloof in Jesus Christus. Hulle was by ‘n kruispad en die groot vraag was of dit nog vir hulle die moeite werd is om te bly glo. Johannes plaas die fokus aan die begin van die boek op Jesus. Niks is belangriker as ons verhouding met Hom nie. Die uitdaging is om te sorg dat ons verhouding met hierdi

  • Sondag, 30 Oktober 2016

    30/10/2016

    Rian se preekopname van Sondag, 30 Oktober 2016

  • Gebed - Week 3 (audio)

    25/09/2016 Duración: 41min

    Gebed - Week 3 (audio)

  • Gebed - Week 2 (audio)

    18/09/2016 Duración: 38min

    Gebed - Week 2 (audio)

  • Gebed - Week 1 (audio)

    11/09/2016 Duración: 38min

    Gebed begin op ons kniee voor God

  • Sondag 10 April (audio)

    10/04/2016 Duración: 34min
  • BRAVE - Week 5 (audio)

    13/03/2016 Duración: 46min

    Herstel, regmaak, groei in ons verhouding met die Here vra toegewyde en harde werk – daar is geen ander pad nie. In Daniel 6 sien ons hoe Daniel se gereelde daaglikse tyd saam met die Here hom red uit ‘n onmoontlike situasie en Jesus verklaar self in Johannes 15 dat ons sonder Hom niks kan doen nie. Ons het eenvoudig nodig om doelbewus tyd te maak vir ons verhouding met die Here. Daarsonder sal ons nooit groei nie.

  • BRAVE - Week 4 (audio)

    06/03/2016 Duración: 38min

    Om te vergewe is nie maklik nie, maar daarsonder het ons nie ‘n kans nie! Hierdie preek daag jou uit om dapper genoeg te wees om te vergewe, om dapper genoeg te wees om God se vergiffenis te aanvaar, want God vergewe. En dan om dapper genoeg te wees om ander te vergewe.

  • BRAVE - Week 3 (slegs audio)

    28/02/2016 Duración: 46min

    Die derde Sondag in ons reeks BRAVE vra die vraag: Is jy dapper genoeg om te dien? Ons moet eerstens dien, doodeenvoudig omdat Jesus gedien het (Johannes 13) en vir ons die voorbeeld vir diens stel. Tweedens dien mense as hulle ‘n ontmoeting met God gehad het. As God bv vir Abraham roep in Genesis 12 dan is sy belofte om hom te seën, sodat hy ‘n seën vir ander kan wees. In die derde plek help dien jou om geestelik te groei – Hebreërs 6.

  • BRAVE - Week 2 (audio)

    21/02/2016 Duración: 39min

    Die uitdaging vir hierdie week 2 van BRAVE is om dapper genoeg te wees om weer met God te waag. Hy is die enigste plek, die enigste persoon wat die sleutel vir die lewe dra, die enigste bron van water om ons dors te les, wat ons honger sal stil en ons kan help om ons vrees en bekommernis te oorkom. Maar ons sal nuut moet leer om Hom te vertrou…

  • BRAVE - Week 1 (audio)

    14/02/2016 Duración: 43min

    Om eerlik te wees oor waar ons op die oomblik is – Droogtes (fisies en geestelik) daag ons uit met die toestand van ons damwalle, want walle is geneig om te kraak as dit droog is en dan bars dit as nuwe water instroom. Ons sal eerlik moet wees oor die krake in ons geestelike damwalle. Jesus konfronteer ons direk hiermee. Hy weet as ons dit nie regmaak nie het ons geen kans om lewende water te ontvang en te hou en te groei nie! is jy dapper genoeg om eerlik te wees oor dit wat jou damwalle kraak en afbreek

  • Andre Harmzen (audio)

    01/11/2015 Duración: 30min

    Andre Harmzen van Noordwyk preek vandag by ons

  • Fruitfulness on the Frontline - Week 5 (audio)

    18/10/2015 Duración: 42min

    Dawid ontdek dat God alles weet wat hy doen en dat God hom gaan straf vir sy sonde. Maar sy rekasie red hom! In v 13 erken en bely hy sy sonde. Maar dit neem nie die gevolge weg van sy oortredings nie, Sonde het altyd gevolge en soms is die grootste impak daarvan in ons huise. Sonde vernietig natuurlik ook ons getuienis! Maar ook dit is nie die einde van die pad nie, want God vergewe en in vergiffenis ontdek ons dat nuwe lewe en liefde moontlik is.

  • Fruitfulness on the Frontline - Week 4 (audio)

    04/10/2015 Duración: 35min

    Jesus gee aan ons die opdrag om sout te wees vir die aarde, wat moet smaak gee, perseveer, wat reinig en genees, maar wat ook kosbaar is. Sout maak dors en ons moet met ons lewens ‘n honger en dors wakker maak in ander, na die Here wat ons dien. Sout wat verslaan beland op die pad en ook (verrassend) daar het dit ‘n belangrike funksie.

  • Fruitfulness on the Frontline - Week 3 (audio)

    27/09/2015 Duración: 37min

    God skep ons as sy verteenwoordiger, as sy beeld wat Hom dwarsdeur die skepping verteenwoordig. Hierdie opdrag wat die mens in Gen 1:27 ontvang is nog steeds geldig. Om God te vetreenwoordig in ons werk en huise en orals waar ons is, is ons primêre getuienis verantwoordelikheid.

  • Helenic Ministries - Greece (audio)

    20/09/2015 Duración: 46min

    Helenic Ministries - Greece

página 3 de 25