Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Die wêreld wek meer groenkrag as steenkoolkrag op
09/10/2025 Duración: 04minTommy Garner, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kragverskaffersvereniging, gesels oor groenkragopwekking en die toekoms van energievoorsiening. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die ferrochroom-bedryf wys hoe hoë elektrisiteitspryse nywerhede verwoes
09/10/2025 Duración: 11minJapie Fullard, uitvoerende hoof van Glencore Allooie, gesels oor die impak van hoë elektrisiteitskoste op die ferrochroombedryf. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die dollar beleef sy swakste jaar sedert 1973
09/10/2025 Duración: 08minGert Visser, valutaspesialis by Rand Merchant Bank, deel sy siening oor die huidige marktoestande, hoe dit Suid-Afrika beïnvloed, en hoe die rand presteer teenoor ander onluikende markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Pick n Pay lyk belowend
09/10/2025 Duración: 05minSchalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor Pick n Pay se jongste handelsverklaring. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 09 Oktobber 2025
09/10/2025 Duración: 47minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Scopa begin ondersoek na die Padongelukkefonds
08/10/2025 Duración: 08minPieter de Bruyn, voorsitter van die Vereniging vir die Beskerming van Padongelukslagoffers (APRAV), gesels oor Scopa se ondersoek na die Padongelukkefonds. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kripto word nou by 650 000 aankooppunte aanvaar
08/10/2025 Duración: 07minChristo de Wit, hoof van Luno Suid-Afrika, verduidelik hoe Suid-Afrikaners nou hul kripto-geldeenhede direk kan gebruik om vir alledaagse aankope te betaal. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Gaan informele handel na ‘n tegniese oplossing gryp in SA?
08/10/2025 Duración: 07minAndré de Wet, bestuurshoof van Flood, gesels oor die verbinding van informele besighede met tegnologie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Werkloosheid in Suid-Afrika staan op rekordvlakke
08/10/2025 Duración: 05minChristie Viljoen, senior ekonoom by PwC, gesels oor Suid-Afrika se werkloosheidskrisis. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
SA hoenderbedryf dalk bedreig deur Amerikaanse invoere
08/10/2025 Duración: 04minDie vervalde Agoa-ooreenkoms en die toenemende invoer van Amerikaanse hoender kan plaaslike boere benadeel, sê die bedryf. Marthinus Stander, bestuurshoof van Rainbow Chicken, bespreek die implikasies van hierdie uitdagings. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Goud bars deur $4000 per fynons
08/10/2025 Duración: 09minOmri Thomas, direkteur by Abax Investments, gesels oor vandag se markbewegings en 'n maatskappy wat binnekort noteer. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 8 Oktober 2025
08/10/2025 Duración: 49minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Optimiste se beleggings groei vinniger as dié van pessimiste
07/10/2025 Duración: 08minTommy Ferreira, welvaartbestuurder by PSG Wealth Northcliff, gee konteks oor navorsing wat toon dat optimiste se beleggings vinniger groei as dié van pessimiste. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Nuwe wolfabriek in die Paarl net een van drie in die wêreld
07/10/2025 Duración: 10minStefan Gerber, stigter van Gerber & Co, gesels oor die maatskappy se nuwe wolfabriek in die Paarl. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Vaders kan nou ook vier maande kraamverlof vat
07/10/2025 Duración: 07minProf. Hugo Pienaar, direkteur by Thomson Wilks, gesels oor ouers wat nou toegelaat word om kraamverlof gelyk te deel. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Probleme by ferrochroomsmelters forseer Afrimat om antrasiet-bedrywighede af te skaal
07/10/2025 Duración: 04minAndries van Heerden, uitvoerende hoof van Afrimat, gesels oor hulle antrasiet-bedrywighede. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
SA verkoop die meeste motors in ’n dekade
07/10/2025 Duración: 09minDie motorbedryf beleef tans ’n besonder goeie paar maande. Ockert Janse van Rensburg, uitvoerende hoof van Motus, gesels oor motorverkope wat in September tot hul hoogste vlak in ’n dekade gestyg het. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Goud breek deur $4 000
07/10/2025 Duración: 04minMia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, bespreek die goudprys sowel as buitelandse beleggings. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Dinsdag 7 Oktober 2025
07/10/2025 Duración: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Mediclinic het ’n groot rol gespeel om SA se private gesondheidsorgbedryf te ontwikkel
06/10/2025 Duración: 09minBraam Joubert, uitvoerende hoof van Mediclinic in Suider-Afrika, gesels oor die geskiedenis van Mediclinic. Volg RSG Geldsake op Twitter