Sa Gemeente Londen Preke - Audio & Video

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 253:24:00
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Die nuutste audio en video preke vanaf SA Gemeente Londen

Episodios

  • 40 Days in the Word - 01

    22/01/2012 Duración: 52min

    Ons skop vandag af met 2012 se campaign 40 Days in the Word. Vandag se tema is: Hoe word ek lief vir die Woord?

  • Dis nie WAT ons doen nie, maar HOEKOM ons dit doen

    15/01/2012 Duración: 37min

    Aan die hand van Gen 32 verduidelik Rian dat die motiewe agter ons dade baie belangriker vir God is as die dade self.

  • Loop God se tyd met ons uit?

    08/01/2012 Duración: 34min

    Loop God se tyd met ons uit? - Hoeveel kanse kry ons by God voordat Hy ons straf vir ons sondes? Hoe lank moet die tuinier die bome natgooi voordat dit gaan begin vrug dra?

  • Nuwejaar

    01/01/2012 Duración: 37min

    So met die afskop van die nuwejaar, challenge Rian ons om al ons voornemens vir 2012 in lyn te kry met God se voornemens vir ons. Ons moet moeite maak om God se plan met ons uit te vind en dan die geloof he om Hom te vertrou daarmee.

  • Kersfees

    18/12/2011 Duración: 34min

    Gasprediker Ockie Raubenhaumer praat met ons oor Jesus - die grootste geskenk

  • Gebed

    24/10/2011 Duración: 36min

    Gasprediker Etienne Piek gesels met ons oor gebed.

  • Die verlore seun

    16/10/2011 Duración: 29min

    Rian gesels vandag met ons oor die gelykenis van die verlore seun.

  • House Rules 4

    09/10/2011 Duración: 37min

    Diensbaarheid & uitreike. Die laaste in ons reeks genaamd House Rules.

  • House Rules 3

    02/10/2011 Duración: 42min

    Die derde preek in ons reeks House Rules. Rian gesels vandag met ons oor die belangrikheid van accountability, en hoe ons mekaar nodig het om staande te bly in hierdie wereld.

  • House Rules 2

    25/09/2011 Duración: 44min

    Na afloop van die Reveal questionaire wat ons gemeente 'n paar weke gelede ingevul het, is ons mesig met 'n reeks wat fokus op SAG Londen se missie, sterk punte en swak punte en wat die Here se plan is met ons vir die toekoms. Vandag praat ons oor selgroepe.

  • House Rules 1

    18/09/2011 Duración: 56min

    Na afloop van die Reveal questionaire wat ons gemeente 'n paar weke gelede ingevul het, begin ons vandag met 'n reeks wat fokus op SAG Londen se fokus, missie, sterk punte en swak punte en wat die Here se plan is met ons vir die toekoms.

  • Laat liefde jou twyfel/vrese oorskadu

    04/09/2011 Duración: 26min

    Dis nou die derde week wat ons in diepte kyk na 1 Johannes. Rian verduidelik vandag vir ons dat maak nie saak hoeveel twyfel/onrus ons ervaar nie, ons moet AANHOU om mekaar lief te hê en toelaat dat God se liefde deur die diepste kamers van ons harte spoel.

  • Kinders van God

    21/08/2011 Duración: 30min

    Rian vergelyk God se verhouding/liefde vir ons - sy kinders, met die van 'n pa en sy kind. God se liefde vir ons is net baie groter en wonderliker.

  • God se belofte

    31/07/2011 Duración: 23min

    Gasprediker Etienne Piek gesels vandag met ons oor God se getrouheid en sy beloftes aan ons, en dat ons daaraan moet vashou en bly glo.

  • Jou Rietsee

    24/07/2011 Duración: 37min

    Aan die hand van die uittog uit Egipte en deurtrek uit die Rietsee, vergelyk gasprediker Etienne Piek ons met die volk Israel om vir ons te verduidelik dat elkeen maar elke nou en dan voor ons eie Rietsee te staan kom en moet ons blindelings vir God vertrou om 'n uitkoms te gee.

  • Franna se getuienis

    17/07/2011 Duración: 36min

    Rian gee vir Franna geleentheid om sy getuienis met ons te deel. Ons gebruik ook vandag nagmaal.

  • Die houvas van sonde op jou lewe - 2

    10/07/2011 Duración: 39min

    Rian gesels vandag verder oor die houvas van sonde op mens se lewe aan die hand van Josua 7.

  • Die houvas van sonde op jou lewe

    03/07/2011

    Is daar 'n sonde in jou lewe wat die oorhand oor jou gedagtes en wilskrag kry? Sukkel jy om vry te kom van die kettings wat jou vashou om verder te groei in die mens wie God wil hê jy moet wees? Rian help ons die proses verstaan hoe om daarvan vry te kom in God se krag en genade.

  • Niks kan jou van God se liefde skei nie

    26/06/2011 Duración: 36min

    Maak nie saak hoe jy lyk, hoe slim jy is, watse 'issues' jy het en selfs of jy gered is nie - God se liefde vir jou bly ALTYD dieselfde. Dit kan nie meer nie, en ook nie minder nie. Dit is volmaak.

  • Die Koninkryk van God - 5

    19/06/2011 Duración: 31min

    Die laaste in ons reeks - Rian challenge ons om te leef asof dit ons laaste dag is - ons lampies moet vol wees - heeltyd altyd. Die Bruidegom is oppad!

página 10 de 23