Sinopsis
Die nuutste audio en video preke vanaf SA Gemeente Londen
Episodios
-
Padlangs Week6 (audio)
23/02/2014Op Israel se reis deur die woestyn, wil Moses weet of dinge sal reg uitwerk! Dit is amper asof hy besig is om reisversekering uit te neem! Die Here gee vir Moses die volgende versekering: Dat Hy self sal saamreis (v 14) – ons hoef na alleen te reis nie! Moses doen moeite om tyd met God deur te bring en hierdie ontmoeting gee vir hom verdere sekerheid (v 11) – dit is waarin sy verhouding met God gevestig staan. As Moses God wil sien, wys God sy rug vir Moses (v 23), want dit is in ons agter-die-Here –aanloop
-
Padlangs Week5 (audio)
16/02/2014 Duración: 32minDie heel belangrikste wat ons van God moet weet, is dat Hy ’n God is wat bevry, verlos. Hy het Israel bevry en gered uit Egipte en Hy gee die 10 gebooie om hulle (en ons) te help om vry te bly... om te keer dat iets anders hulle weer slawe maak. God se plan was om ‘n nasie van slawe ‘n total nuwe identiteit te gee – Hy wil hulle ‘n koninkryk van priesters maak – mense wat vir ander leef, dit vir ander maklik maak om God te leer ken en by God uit te kom.
-
Padlangs Week4 (audio)
09/02/2014 Duración: 41minDie hoogtepunt van die Eksodusverhaal is die deurtog deur die Rooi See. Uiteindelik is die Israeliete vry, maar hulle moes leer dat dit gaan tyd vat om werklik in hulle lewens grond te vat, omdat al is jy vry, word jy elke dag uitgedaag om te kies om in vryheid te leef. Israel moes leer om God te vertrou vir water en kos – elke dag. Dit is dieselfde God wat hulle deur die see laat trek (Eks 14:13-14) het en nou vir hulle sorg. God maak nie net vry nie. Hy sal elke dag vir ons sorg!
-
Padlangs Week3 (audio)
02/02/2014 Duración: 35minPADLANGS 3: Ander stap hierdie pad saam met ons – anders gaan ons verdwaal - Eksodus 4:10-17, 17:8-16 Hierdie gedeelte gaan nie oor Moses nie, eerder oor Aaron en hoe hy vir Moses ondersteun en help. Ons het mense op ons pad nodig om ons te help, en ons moet vir ander help.
-
Padlangs Week2 (audio)
26/01/2014 Duración: 37minIn week 2 van Padlangs was die tema: Elke reis het sy prys. Ons moet eerlik 2 vrae vir onsself antwoord: 1) Watter prys is jy bereid om te betaal om te wys dat jy volledig aan God toegewy is? 2) Is jy bereid om aan die Here toegewy te bly al loop alles verkeerd? Ons keuses het altyd gevolge.
-
Padlangs Week1 (audio)
19/01/2014As God Moses roep, ontdek hy dat God Hom reeds lankal ken en alles van hom weet – en dit skrik God nie af nie! Hierdie roepingsverhaal bring Moses by ‘n kruispad. Om hierdie God ernstig te neem is die enigste pad van bevryding uit slawerny vir hom en sy mense. Soos Moses het ons allerhande verskoning hoekom ons nie God wil vertrou en agter Hom aan leef nie – asof ons beter weet. Maar dit is ons enigste kans om vry te word!
-
2 Petrus 1 (audio)
12/01/2014Ons grootste uitdaging is om nou hier te leef. Om te ontdek: Ek het God vandag nodig, hier en nou. Watter verskil maak my geloof nou, hier vandag, om ‘n goeie pa en ma te wees, om ‘n goeie werker en man/vrou en lidmaat te wees? Hoe om moeilike keuses te maak ? Hoe vorm my geloof my doel en waarvoor ek leef, my identiteit? Kom luister saam oor wat God vir ons wil sê
-
Jesaja 43 (audio)
05/01/2014Ons staan altyd aan die begin van ‘n nuwe jaar voor massiewe uitdagings. Gewoonllik groot planne, goeie voornemens... kans om weer te begin... Die uitdaging vir ons as gemeente - maar ook vir elke mens - is om opnuut te vra: Hoe gaan ons hierdie jaar leef? Wat gaan vanjaar anders maak? Wat moet die Here in hierdie jaar nuut maak?
-
Grace - Week 6 (audio)
20/10/2013 Duración: 34minOns sluit vandag af met ons Grace preekreeks. Nagmaal word ook bedien.
-
Grace - Week 5 (audio)
13/10/2013 Duración: 37minWettisisme - 'n waarskuwing. Wettisisme veroorsaak trots en 'self-rigtheousness', geestelike hoogmoed – ek is reg, dink ons is beter, meer toegewyd…om ander te beindruk. “The solution for sin is not to impose an ever-stricter code of behaviour. It is to know God.”
-
Grace - Week 4 (audio)
06/10/2013 Duración: 37minGod se genade is daar vir ieder en elkeen. Maak nie saak waar jy is in jou pad saam Hom nie. Die probleem le egter daarin om in staat te wees om Sy genade te kan vat. Vandag gesels Rian met ons die dinge wat ons hinder om met oop hande God se genade te aanvaar.
-
Grace - Week 3 (audio)
29/09/2013 Duración: 45minDie hoeveelheid genade wat God ons betoon, word bepaal deur die hoeveelheid genade wat ons aan ander mense betoon. Rian verduidelik die erns daarvan om mense vry te spreek en te vergewe sodat ons self in algehele vryheid kan leef
-
Grace - Week 2 (audio)
22/09/2013 Duración: 45minWeek twee van ons preekreeks Grace. Rian gebruik die gelykenis van die verlore seun om God se genade teenoor ons te verduidelik.
-
Grace - Week 1 (audio)
15/09/2013 Duración: 27minOns skop vandag af met ons exciting nuwe preekreeks oor genade. Die vertrekpunt van 'n mens se optrede teenoor ander is van nature uit Verdienste, maar Rian kom vertel vir ons dat ons daarteen moet veg, en dit moet vervang met Genade.
-
Dawie van Vuuren (audio)
08/09/2013 Duración: 45minOns geliefde Dawie van Vuuren kuier hierdie week by ons vanuit Australie
-
Fillipense - Week 6 (audio)
01/09/2013 Duración: 30minOns sluit vandag af met ons Fillipense preekreeks - "Holiness lies at the root of happiness"
-
Fillipense - Week 5 (audio)
25/08/2013 Duración: 36minOns sekuriteit in ons geloof lê in wat Christus klaar gedoen het en mee besig is binne-in ons. Al maak ons foute, weet ons God is nog nie klaar met ons nie. Ons kan aan daardie hoop vashou dat God sal voltooi wat Hy binne ons begin het.
-
Fillipense - Week 4 (audio)
18/08/2013 Duración: 44minOpoffering - Ons geloof is ‘n offer in diens van God - 'n erkenning dat my lewe nie in my hande is nie, dat ek afhanklik bly van God wat my gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.
-
Fillipense - Week 3 (audio)
11/08/2013 Duración: 38minSelfsug en trots is by toegewyde christene baie gevaarlik. Dit is die kerk se groot struikelblok deur die eeue nog. Wat moet ons doen om daarteen te waak? Wat leer Paulus vir ons vanuit die tronk in sy brief aan Fillipense?
-
Fillipense - Week 2 (audio)
04/08/2013 Duración: 39minWeek twee uit ons reeks oor Fillipense - Ons grootste getuienis is nie in goedgaan nie, dis waaraan jy vashou as dit sleg gaan en niks uitwerk nie, wat eintlik sê wat jy glo…