Sinopsis
Die nuutste audio en video preke vanaf SA Gemeente Londen
Episodios
-
Kies Genade (audio)
07/09/2014 Duración: 44minDeur gebeure in Louis en Hettie se lewe deel hulle met ons hoe God se Genade in die middel van alles staan.
-
Sons of God (audio)
24/08/2014Rodney Woods share with us what it means to be adopted in Christ's family and what it means to be a son of God.
-
Daniël - Week4 (audio)
17/08/2014Daniel 4 is Nedukadneser se getuienis oor die groot dade wat God in sy lewe gedoen het (4:2). Hierdie kragtige werking van God het begin by ‘n droom wat Daniel vir hom uitlê (v 19-25). Daniel was nie bang om hom te konfronteer oor die waarheid oor sy lewe nie, nl dat hy vir homself te belangrik was (v 25-27). Waarheid het die potensiaal om vry te maak, as ek my daaraan gaan steur, wat Nebukadneser nie doen nie en hy verloor alles (v 28-33)!
-
Daniël - Week3 (audio)
10/08/2014In Daniel 3 is die vraag: Op watter punt gaan jy opgee op jou geloof? Swaarkry, lyding en siekte maak soms dat ons wonder of dit nog die moeite werd is om te bly glo in God. In v 18 antwoord Sadrag, Mesag en Abednego dat net God kan red en selfs al red Hy hulle nie uit die oond nie, sal hulle bly glo! Hulle ontdek dan hoe God in die oond (juis as dit 7 x warmer en erger is) by hulle is. Geloof is die oortuiging dat God altyd by ons is…
-
Daniël - Week2 (audio)
03/08/2014In Daniel 2 droom Nebukadneser ‘n ontstellende droom en geen van sy wyse manne kan help met die uitleg nie. Hulle verklaar selfs dat net die gode dit kan doen en hulle woon in die hemel (v 11). Daniel maak egter sy vriende bymekaar en bid tot God – en God help – Hy kom as’t ware uit die hemel af! (Tog ook wat Jesus gedoen het – Joh 1:14). Daniel leef vanuit die oortuiging dat enige iets vir God moontlik is (v 28), dat alles wat ons het van Hom af kom (v 37) en dat sy koningkryk ewig sal hou (v 44), dat ons
-
Daniël - Week1 (audio)
27/07/2014Dit bly altyd ‘n uitdaging om in ‘n vreemde land en kultuur, onder vreemde mense aan te hou om jou geloof uit te leef. In Daniel 1 word ons uitgedaag om nie vir God uit die kern van ons lewens uit te skuif nie asook nie ons identiteit wat aan Hom gekoppel is prys te gee nie – bly aan die Here toegewy. Alles wat ons mee besig is, is ‘n getuienis van ons verbintenis aan God, selfs hoe en wat ons eet(!) Die versekering wat ons het is dat God gaan bly werk, dat Hy aan ons gawes en geleenthede gaan gee om werkli
-
Counting the Cost - Week4 (audio)
20/07/2014 Duración: 30minDie laaste week in ons reeks Counting the Cost. Ons sluit af deur te fokus op God se liefde vir ons en dit wat Hy vir ons gegee het - hoeveel ons vir Hom werd is. Die gawes wat ons dan vir Hom terggee, is eintlik maar net 'n dankbaarheidsdaad is op reaksie daarvan.
-
Counting the Cost - Week3 (audio)
13/07/2014 Duración: 29minOns verknogtheid aan geld en goed het die potensiaal om ons lewens te vernietig. Dit is die verhaal van Akan in Josua 7, wat mooi klere, goud en silwer na die inname van Jericho steel en wegsteek, maar ook die verhaal van Ananias en Saffira in Handelinge 5 wat jok oor hoeveel geld hulle tempel toe bring. Aldrie betaal met hul lewens daarvoor, want God verwag eerlikheid en egtheid van ons – ook oor die manier waarop ons gee.
-
Counting the Cost - Week2 (audio)
06/07/2014 Duración: 39minOns dink soms dat ons God se guns en seën, selfs materiële voorspoed kan verdien deur goed en voorbeeldig te lewe. In Markus 10 kom ‘n ryk, goeie, voorbeeldige jongman by Jesus met die vraag wat hy nog moet doen om gered te word. Ons word nie gered omdat ons reg en voorbeeldig leef nie. Ten diepste is Christenskap iets wat ons moet ontvang. Die Bybel daag ons uit om te gee, nie omdat ons daardeur God se seën kan verwag nie, maar omdat ons ontdek het dat Hy vir ons lief is. Dit is hoekom ons wil gee.
-
Counting the Cost - Week1 (audio)
29/06/2014 Duración: 38minIn Matteus 6:19-34 moedig Jesus ons aan om skatte bymekaar te maak – skatte wat gaan hou. Jesus daag ons uit om anders oor geld en goed te dink, omdat dit die potensiaal het om die rol wat Hy in ons lewens moet speel oor te neem. Net Jesus kan blywende sekuriteit en selfwaarde gee. Jesus wil deur sy lewe en sterwe vir ons leer om ‘n lewe van “sacrifice” te lei. Dit moet ook waar word oor die manier waarop ons geld en goed hanteer en hoe ons gee. Die vraag is: Wat kos my gee my?
-
Gebed - Week 2 (audio)
18/05/2014 Duración: 41minJakobus 5:16 verklaar dat die “gebed van ‘n gelowige (regverdige) het ‘n kragtige uitwerking.” Gebed doen iets, dit maak ‘n verskil, dit is besig om te werk – net die feit dat ons onsself vir God met gebed oopstel is besig om ons lewens te verander. Moet nooit die mag en impak van gebed onderskat nie! Maar gebed is baie meer as vra, dit is ‘n verlengstuk van my verhouding met die Here. Net soos enige verhouding oor baie meer gaan as net vra en kry – is dit waar van ons verhouding met God.
-
Gebed - Week 1 (audio)
11/05/2014 Duración: 35minGebed is een van heel belangrikste boustene vir ons geloof, en tog bid ons moeilik. Een van die redes hiervoor is die saak wat Jesus aanspreek in Matt 6:5-15 as Hy verklaar dat ons nie soos heidene moet bid nie (v 7), maar soos kinders – “Onse Vader…” (v 9). Ons is nie huurders wat met God ‘n besigheidstransaksie hoef aan te gaan om in sy goeie boekies te probeer kom nie. Ons is God se kinders en daarom mag ons anders bid en vra en smeek en loof en bely, want Hy is in die eerste plek ons Hemelse Vader.
-
Noah (audio)
27/04/2014 Duración: 41minAs skrifgetroue Bybelverhaal stel die film, Noah teleur. Daar is net te veel botsings met die storie van die Bybel. Maar as ‘n Hollywood-storie wat by die Bybel gaan leen het oor ‘n bonatuurlike gebeurtenis is daar interessante raakpunte. Die belangrikste daarvan is seker hoe sleg mense is, maar God is anders, die einde is juis vir Hom ‘n geleentheid om weer en nuut te begin – ook met elkeen van ons elke dag. Ons sonde en foute skrik Hom nooit af nie! Die uitdaging vir ons is om anders te wees, soos Noag -
-
What's in a name? - Week 5 (audio)
13/04/2014 Duración: 26minIn Johannes 6 verklaar Jesus dat Hy die brood is wat lewe gee. Mense soek wonderwerke en dink dat as God ‘n wonderwerk doen, dan word glo makliker. Jesus het iets beter in gedagte: Hy gee Homself – as brood wat lewe gee. Dit is geloof in hierdie Jesus wat nie net lewe hier en nou, maar ook ewige lewe moontlik maak. Soos ons daagliks brood eet om te oorleef, het ons daagliks Jesus nodig om te leef. Dit is die grootste wonderwerk!
-
What's in a name? - Week 4 (audio)
06/04/2014 Duración: 36minJesus se aanspraak dat Hy die ware wingerdstok is, word dalk die beste opgesom met die woorde van Joh 15:5 as Hy sê: “Sonder My kan julle niks doen nie!” Dit is ons volledige afhanklikheid van Jesus wat lewe en vrug en liefde en gehoorsaamheid moontlik maak – nie ons eie pogings nie. Daarom moet ons in Hom bly – v 4-5.
-
What's in a Name? - Week3 (audio)
30/03/2014 Duración: 39minAs Jesus verklaar in Johannes 10:11 en 14 dat Hy die Goeie Herder is, is die uitdaging vir ons om Hom te vertrou. En ons kan Hom maar vertrou want Hy ken ons (v 3, 5, 14), Hy beskerm ons (v 7-10), Hy sorg vir ons (v 9), Hy stap voor ons uit (v 3, 4). Dit word seker die beste saamgevat in Jesus se verklaring dat Hy sy lewe vir ons aflê (v 11, 15).
-
What's in a Name? - Week 2 (audio)
23/03/2014 Duración: 30minIn Johannes 12:6 verklaar Jesus:“Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Jesus se plan op aarde was nog altyd om mense uit te daag om anders te leef. Dit raak slegs moontlik as ons bereid is om Hom te erken as die Een wat die Lig vir die wêreld is (lig bring hoop, rigting, geselskap) en as ons bereid is om Hom te volg (te gehoorsaam). Die belofte hiervan is dat (1) duisternis nie die laaste sê in ons lewens gaan hê nie en (2) dat
-
What's in a Name? - Week1 (audio)
16/03/2014In Johannes gee Jesus vir ons ‘n nuwe kyk op wie Hy is en wat Hy in ons lewens wil doen aan die hand van ‘n hele paar “Ek is”-uitsprake. Jesus sê in Johannes 14:6 dat Hy die Weg en die Waarheid en die Lewe is. Die uitdrukking Weg – verklaar nie net dat ons Jesus se pad moet volg nie, maar ook Jesus se manier van lewe moet navolg. Hy is die Waarheid wat teenoor elke leuen staan wat ons glo oor wie Hy en ons is. Hy is die Lewe – teenoor alles wat dood maak!
-
In Verwondering (audio)
09/03/2014Bekende liedjieskrywer en worship leader Neil Buchner kuier vandag by ons. Neil het verlede jaar saam met Retief Burger, Louis Brittz en Helmut Meijer 'n baie suksesvolle DVD/CD opname gemaak; genaamd In Verwondering. Hy deel vandag die pad van die opnames met ons deur sang en stories.
-
Deut 29 (audio)
02/03/2014 Duración: 21minIs God vir ons voorwaardelik of onvoorwaardelik lief? Moet ons wette gehoorsaam en reëls na kom, goeie mense wees sodat God meer van ons moet hou en ons moet seën? Met gister se doop is ons herinner aan die verbond wat God met Abraham (Gen 15) en weer met Israel (Deut 29) gesluit het. En die verbond se fokus is, God wat sê: “Ek sal wees wat ek moet wees of jy is en doen wat jy moet wees of doen of nie...Ek sal getrou wees...” Dit is God wat vrywillig Hom aan ons commit en sy woord gee dat Hy getrou sal bl